Mwah

Entrance:

The entrance fee is JUST R5 per person!

 

Date: 28 February 2026

Information:

Time: Between 14h00 – 16h00!

Die duo-groep MWAH se vertoning is vermaak vir die hele gesin. Hulle sing die verhoog aan die brand met hulle eie treffers soos: Sandra Prinsloo, Nuwe Begin en met "covers" wat oud en jonk laat saam sing.

The duo group MWAH's show is entertainment for the whole family. They set the stage on fire with their own hits such as: Sandra Prinsloo, Nuwe Begin and with "covers" that make young and old sing along.

 


Manie Jackson

Entrance:

The entrance fee is JUST R5 per person!


Date: 01 March 2026

Information:

Time: Between 14h00 – 16h00!

Manie Jackson, top performing artist, with numerous gold, triple gold, platinum and double platinum discs.  He has received more than 50 Awards including SAMA, Ghoema, Udo Jurgens Award, Engelbert Humperdinck, and various other awards during his career.    He is very much in demand around the Country and also does Overseas appearances

He sings Afrikaans, Gospel, Country, and has a very wide repertoire of music.  Excellent entertainment for the whole family.

 


Dewald Steyn

Entrance:

The entrance fee is JUST R3 per person!

 

Date: 07 March 2026

Information:

Time: Between 14h00 – 16h00!

Currently Dewald Steyn acts as a live performer as an artist, and also entertains the crowd or requested events such as corporate functions, weddings, house parties, club events and more to entertain with regards to the appropriate need. Either as a live performer or as a DJ, MC etc. In his words: "I don't know where the lamp with the genie is hidden, but I will definitely make your party wishes come true."


Jay Morgan

Entrance:

The entrance fee is JUST R3 per person!

 

Date: 08 March 2026

Information:

Time: Between 14h00 – 16h00!


Jay Morgan is gebore 09 Junie 1994 en kom oorspronklik vanaf 

Germiston Gauteng hy het n baie moeilike kinder lewe gehaad en het 

in kinderhuise groot geword en  het op die ouderdom van 6 sy passie

 vir sang en musiek ondek.  Jay Morgan is n onhanklike Sanger en 

werk elke dag baie hard aan sy loopbaan.  Jay Morgan vorm ook deel van die Bitter lekker, Rug teen Rug en Ontbyt sake span.

Jay Morgan roer hartsnare met ‘n vars, moderne & oorspronlike Afrikaanse Liefdesliedjies.

Jay Morgan is ‘n jong verskietende ster van Delmas. Sy dagboek is aan die brand want die

SA publiek hou van hierdie donkerkop se aantreklike verhoog persoonlikheid en ‘pop’ reg

stem wat elke noot raakslaan.  Jay Morgan bewys dat hy het wat dit vat om die pad na sukses te stap. In 2021 wen hy ‘n medalje toekenning by die nasionale Afri-Indie Musiektoekennings vir ‘Nuweling van die jaar’. In 2022 wen hy ‘n sertifikaat toekenning weereens by die nasionale, jaarlikse Afri-Indie Musiektoekennings vir sy elektroniese dans musiek oorspronklike enkelsnit “Neon ligte’. 

Hy gebruik die lewe se hoog- en laagtepunte wat hy saam met sy vrou op die pad na drome ervaar as inspirasie.  Sy staan hom by deur die sonskyn en storms en haar liefde is dus sy anker.

Jay Morgan was ook al bevoorreg om saam ander groot name op te tree by lewendige

vertonings soos Dirk Van Der Westhuizen, Ivan Roux, Dodo, Elandré en Neil Somers om

net n paar te noem.


Francois Jacobs

Entrance:

The entrance fee is JUST R3 per person!

 

Date: 14 March 2026

Information:

Time: Between 14h00 – 16h00!

Full-time musician Francois Jacobs loves the upbeat, funky sounds of pop music and this is also his preferred performance genre. He has opened for well-known artists such as DJ Ossewa, Juanita du Plessis, Dewald Louw, Thys die Bosveldklong, Die Broers and Nadine. Like most performers, he enjoys performing his own songs, but he also likes performing cover songs like Keith Urban's "Sombody like you", "Ek kan weer in liefde glo" from Heinz Winckler and Bobby van Jaarsveld's "My lewe draai om jou”.

 


Taye Brink

Entrance:

The entrance fee is JUST R3 per person!

 

Date: 15 March 2026

Information:

Time: Between 14h00 – 16h00!

Taye is ’n energieke Afrikaanse sangeres en liedjieskrywer met ’n klank wat jou reguit in die hart tref. Haar musiek kombineer rou emosie met aansteeklike ritmes, en haar optredes is bekend vir hul intensiteit, energie en opregtheid. Op die verhoog gee sy alles – elke keer.

Met trefferliedjies soos “NICO 10”, “Dans met Gevaar” en “Ek Dare Jou (Bly net lief vir my)”, het Taye vinnig ’n lojale aanhangersbasis opgebou. Haar styl is vars, uniek en vol siel – perfek vir enige geleentheid wat ’n bietjie vibe nodig het.

Onlangs het sy saam met Len Muller gewerk en twee besonderse liedjies saam vrygestel: “Alles van My” en “Soos ’n Engel (Intieme weergawe)”. “Soos ’n Engel (Intieme weergawe)” is geskryf deur Len Muller en Juan Boucher – ’n samewerking wat diep emosie en opregtheid vasvang. Taye en Len het ook onlangs saam verhoog gedeel en gehore landswyd beïndruk met hul dinamiese optredes.

Taye se missie met haar musiek is eenvoudig maar kragtig: om mense aan te raak, harte oop te maak en ’n goeie vibe te bring – elke keer as sy sing.


Zoé (P/H)

Entrance:

The entrance fee is JUST R5 per person!


Date: 21 March 2026

Information:

Time: Between 14h00 – 16h00!

Zoé is ‘n sanger, liedjieskrywer en aktrise wat haar debuut gemaak het in die Afrikaanse musiekbedryf met die pop-rock-treffer “Crazy Meisie”, gevolg deur “Liefhê”. Haar enkelsnit “Klein Dorpie Mentaliteit” het haar gevestig as ‘n jong stem om dop te hou, maar dit was haar treffer “Insecure Meisies” wat die trefferparades en sosiale media oorheers het en vinnig ‘n kreet vir jong meisies geword het.

Zoé het ook haar debuut as aktrise gemaak in ETV se komedie-reeks “Die Fakulteit”, waar sy die rol van Cindy Swanepoel vertolk het. Sy is bekend vir haar kleurvolle musiekvideos en aansteeklike energie op die verhoog.



Touch of Class

Entrance:

The entrance fee is JUST R3 per person!

 

Date: 22 March 2026

Information:

Time: Between 14h00 – 16h00!


**Touch of Class: A Musical Journey Through Generations**

Touch of Class Music has been a trusted and beloved name in the South African music industry for decades, earning its place as a stable brand in households across the country. While evolving with changing musical trends, the group has consistently maintained its signature sound and broad appeal, connecting effortlessly with audiences of all ages.

The duo, consisting of founder and guitarist Deon van der Merwe and vocalist Gary Forewood, brings experience, passion, and authenticity to every performance. Deon reflects on his remarkable journey with gratitude: *“So far, it has been a truly fulfilling journey. If someone asked me tomorrow to choose my dream career, I would unhesitatingly reach for my guitar again!”*

For Gary, music goes far beyond a career — it defines him. As he puts it: *“Music is not what I do; it’s who I am.”*

Together, Touch of Class continues to inspire, entertain, and create timeless musical moments that resonate across generations.

 


Arno Jordaan

Entrance:

The entrance fee is JUST R5 per person!

 

Date: 28 March 2026

Information:

Time: Between 14h00 – 16h00!

Arno Jordaan is in Port Elizabeth gebore en het aan die Hoërskool Brandwag as onderhoofseun gematrikuleer. Sy se groot belangstelling toe, was rugby en het hy die Oostelike provinsie verskeie kere by die Cravenweek verteenwoordig. In 2003 het Arno en sy sangmaat, Susan mense laat regop sit met hulle vertoning in die Kyknet Zing realiteits-sangkompetisie. Suid-Afrika het begin kennis neem van die blondekop hartebreker wat nie net kan sing nie maar ‘n ware “entertainer” is wat harte steel. Arno en Susan het die land vol getoer. Musiek het die oorhand gekry en Arno het sy rugbyskoene in die kas gepak en sy musiekloopbaan volstoom aangepak. Met sterre in sy oë het hy sy eerste solo-album “Altyd” uitgereik. Die debuutalbum het soos soetkoek verkoop en Arno het nog talle aanhangers gewerf. Sy droom het pas begin… Hy het begin skouers skuur met Steve Hofmeyr, Dozi en talle ander bekendes. Dit was veral vir hom ‘n eer om ‘n verhoog met die internasionale groep “Smokie” te deel. Arno is nie net ‘n bekwame sanger nie, maar tree ook as seremoniemeester by verskeie geleenthede op. Sy tweede album “Ek Wil Jou Hê” het gevolg en meer as 40 000 eenhede (platinumstatus) verkoop. ‘n Groot hoogtepunt in Arno se musiekloopbaan, was toe hy in 2007 genooi is om deel te wees van die Internasionale Rugby arena, waar hy by meer as 6 geleenthede die Nasionale Volkslied moes sing by rugbytoetse waartydens die Springbokke gespeel het. Daarna was hy besig om SA plat te reis met optredes en as gevolg hiervan, moes hy twee geleenthede na Australië en Engeland van die hand wys om daar die volkslied te sing. Hy was ook die uitgesoekte kunstenaar wat die temalied, “The Time Is Now” vir die Wêreldbeker gesing het in daardie jaar. Aan die einde van 2017 was Arno Jordaan reeds bekend as ‘n huishoudelike naam en net te dankbaar vir soveel geleenthede. Daarna was hy genooi om deel te wees van die 10-jarige bestaan van SKOUSPEL wat in Sun City aangebied is. Sy vierde album, “Gee My” is uitgereik en het binne die eerste dag van vrystelling goue status (20 000 eenhede) behaal en slegs ‘n paar maande later gespog met meer as 40 000 eenhede verkoop. “Gee My” is selfs vir ‘n SAMA-toekenning benoem. Sy vyfde album “Stukkie Van Jou Hart” het ook goue status behaal en het hy sy lyf in 2013 akteur gehou vir die treffer Afrikaanse musiekrolprent, “As jy Sing” saam met ander sterre soos Bobby van Jaarsveld, Karlien van Jaarsveld, Bok van Blerk en Robbie Wessels. Arno het homself verder akteur gehou saam met Neels van Jaarsveld in kykNET se Silwerskermfees Kortfilm “BEN SE BEGRAFNIS”, wat weer bewys het dat hy beslis nog daardie talent het. Intussen het hy kragte met Coleske Artists gesmelt en voorheen as deel van die gewilde Afrikaans is Groot span en konsert ook die verhoog gedeel met van Suid-Afrika se grootste kunstenaars, insluitende Theuns Jordaan, Juanita du Plessis, Bobby van Jaarsveld, Riana Nel en nog vele meer! Sy album, “As Jy Hier Is” het in September 2015 ook goue status bereik. Van die land se grootste liedjieskrywers soos Johan Oberholzer, Ewald Coleske en Christoph Kotze het treffers vir daardie album neergepen. Die musiekvideo van “As Jy Hier Is” het reeds meer as 465 000 kyke en Arno is tans besig om hard te werk aan sy nuwe album wat eersdaags op die rakke sal wees. “Die Eerste Keer” is die eerste enkelsnit vanaf sy nuwe album wat binnekort vrygestel word. Arno is oor die jare gevestig as ‘n huishoudelike naam in die vermaaklikheidsbedryf en beloof om nog vir baie jare goeie musiek uit te bring. Arno is baie opgewonde oor alles waarmee hy besig is en dankbaar vir die Coleske Artists wat ‘n pad saam met hom stap. Daar is GROOT dinge wat nog oppad is. Die enkelsnit se musiekvideo is ook verfilm met bekende gesigte, Mila Guy en Deanre Reiners, wat die liefdesverhaal vertolk. Hierdie video is beskikbaar op Youtube. Saam met sy befaamde platemaatskappy en ongelooflike liedfjieskrywers beloof hy om sy beste album nog uit te bring. Na meer as 13 jaar in die musiekbedryf is Arno Jordaan steeds een van Suid-Afrika se gunsteling kunstenaars en met sy energieke optredes en saamsing treffers beloof hy om die land nog vir jare vorentoe aan die sing te hou! Maar deesdae hou hy ook sy lyf stigter van die Boobaloo expo, een van die grootste baba en kleuter expo wat Time Square Sun Arena al ooit gesien het. Maart 2018 was die heel eerste een wat gehou was en met groot sukses! Hulle is alreeds sterk oppad met die belanning vir 2019 se expo. Hou Arno Jordaan dop. Dit lyk daar is niks wat hy nie kan doen. 

Monique Steyn

Entrance:

The entrance fee is JUST R5 per person!

 

 

Date: 29 March 2026

Information:

Time: Between 14h00 – 16h00!

After Monique studied music at TUT, she landed the lead role in Richard Loring’s “Girl Talk 2000.” Shortly thereafter, she released her debut title track — a duet with Snotkop — “Ek Val Vir Jou.”

This marked the start of her professional singing career, earning her two Tempo Awards (Best Dance Album and Best Music Video) as well as an MK Award. For Monique, her second solo album, Pienk Champagne, is “the best representation of who she is as an artist.” She feels that her career has progressed very naturally and grown organically since its release.

Her album, Mosaïek, was released under Coleske Artists, and her powerful single “Die Boom” earned her a Ghoema nomination for the Most Streamed Afrikaans Song of 2018.

She also shines as a “wentor” (mentor) on the popular talent development TV series Die Kontrak. Both of her contestants, Demi Lee Moore and Samantha Leonard, were named winners in their respective seasons, and since then the two have gone on to build remarkable careers.

She is no stranger to major stages and appears year after year in productions such as Afrikaans is Groot and Lexus Pop Classics. Monique has a voice like no other and is an icon in her own right.


Easter Celebration with Jay

Entrance:

The entrance fee is JUST R5 per person!

Date: 03 April 2026

Information:

Time: Between 14h00 – 16h00!

Dis al nege jaar sedert hy sy eerste solo album uitgereik het (Solo in 2010, #DisHoeOnsRol in 2013, So Lank Sal Ek Jou Liefhê in 2017) en byna elke uitreiking spog met platinumstatus vir verkope. Sedert hy in 2010 op sy eie paadjie vertrek het, eggo JAY se rekordsukses, ná Eden, in elke projek wat hy aanpak. Of dit nou die indrukwekkende versameling duette met Lianie May is, of die polsende ritmes, stemkwaliteit en bindende lirieke van sy eie materiaal, JAY se perfekte balans van melodie en liriek waarborg weereens sukses, snit vir snit. Hy is tans besig met beplanning vir ‘n nuwe solo-vrystelling later vanjaar na die duet versamelalbum met Lianie May, Beste van J&L verlede jaar die rakke getref het. Sy musiek is ook nou digitaal op iTunes en vir streaming op JOOX beskikbaar. Internetsukses met meer as 3,7 miljoen kyke vir Le Bietjie Langer asook 1,7 miljoen kyke vir So Lank Sal Ek jou Liefhe en ‘n allemintige 6,1 miljoen kyke vir Da Vat Hy bewys dat hy die partytjiekoning in Afrikaans bly. Met talle SAMA en Huisgenoot Tempo toekennings asook vyf platinum en drie dubbelplatinum CD’s agter sy naam, hou JAY duidelik van goeie geselskap. Beide sy eerste solo-albums en Bonnie En Clyde het meer as 40 000 eksemplare verkoop binne weke ná vrystelling. Of dit nou 2011 se rol as Jakes in die trefferfilm Platteland, sy marathon 14-jaar loopbaan met Eden, of sy vele suksesse in die loop van die laaste ses vollengte albums en DVD vrystellings is, JAY het sy naam verleen aan platinum, en in meeste gevalle, dubbel-platinum treffers. Inderdaad indrukwekkende resultate. EDEN Hy was vir byna 14-jaar lid van Suid-Afrika se gewildste boyband, EDEN. Hulle was hartebrekers wat knieë lam gemaak het net waar hul gaan. Van hul treffers soos Point Of No Return, Knieë Lam, 54 5de Straat, Lyf Teen Lyf, Superhero, Is Jy Bang en Dirty Dancing waarvan talle steeds partytjiegunstelinge is. Die laaste EDEN-album – Nooit Oud Raak Nie se eerste single Dirty Dancing het orals op trefferparades gepronk en het selfs ‘n Ghoema nominasie ontvang vir Beste Liedjie van die Jaar. Eden is ook in dieselfde jaar vir ‘n Ghoema benoem as Groep Van Die Jaar en het ook ‘n SAMA nominasie vir hulle album ontvang. JAY & LIANIE MAY Niemand sal ooit die ikoniese Toe Stop My Hart vergeet wat van Jay & Lianie May SA se gewildste duetpaar gemaak het nie. Na die weghol sukses van hulle eerste duetalbum, Bonnie en Clyde, het hul die opvolg, Vir Liefde in 2016 uitgereik. Die Beste van J&L is in 2018 vrygestel en die duetpaar bly ‘n gunsteling onder oud en jonk met uitverkoopte konserte reg oor die land. ANDER Jay en sy gesin het ook hul hand aan ‘n realiteitsreeks gewaag, Jay & die Boys in 2017 waarin sy vrou, Mia hom en sy 4 woelwater seuns uitgedaag het om doen-dit-self-takies in en om die huis aan te pak. Dit was ‘n wenner en het ‘n heel ander kant van Jay as Pa en huweliksmaat gewys. Gebore in Sasolburg en gematrikuleer aan Hoërskool Aliwal-Noord voor JAY na skool by die lugmag aangesluit het. Hier was hy deel van die Kannaries-sanggroep. Hy het daarna musiekteater betree en in verskeie groot produksies sy buiging gemaak voor hy by die sanggroep EDEN aangesluit het. Hy is Pa van vier seuns – Aidan, Samuel, Luka en Jamie en as hy nie op die verhoog of op die pad is nie hou hy van Pa wees. Hy is ook ‘n groot diereliefhebber en geniet ‘n aftydjie in die bosveld of op die plaas.

Easter Celebration with Fatman

Entrance:

The entrance fee is JUST R5 per person!

 

Date: 04 April 2026

Information:

Time: Between 14h00 – 16h00! 

Grap-man Johan Brümmer, oftewel Fatman, is gebore om mense te vermaak met sy kenmerkende stem en groter-as-lewe persoonlikheid. Hierdie eienskappe was ook instrumenteel om musiekliefhebbers se harte te verower tydens die blinde oudisies van die tweede seisoen van die M-Net-werklikheidsprogram, The Voice SA. Sy passie vir musiek is op ‘n jong ouderdom aangevuur, toe hy besef het dat hy die vermoë het om mense te vermaak. Hy het op tienjarige ouderdom sy verhoogdebuut gemaak en was maar net sestien toe hy by restaurante begin optree het om ’n ekstra inkomste te verdien. Alhoewel sy pa aanvanklik nie wou hê dat hy ‘n loopbaan in musiek na skool moes volg nie, kon hy nie afgeskrik word nie en het musiek aan die Pretoria Musiekakademie en Unisa gaan studeer. Fatman het gedurende die vroeë 90’s sewe jaar saam met sanger, Pieter Smith, opgetree. Musiek het egter oor die jare sy hoofbron van passie en inkomste gebly. “Ek was bevoorreg genoeg om ’n bestaan ??te maak deur te doen waarvoor ek lief is. Ek glo werklik dat wanneer jy doen waarvoor jy lief is, geld sal volg,” Nadat hy drie-en-twintig jaar lank sy eie ding gedoen het, het sy familie besluit dis tyd dat hy The Voice SA betree. Hulle het ‘n video-opname gemaak van hom wat Mika se Grace Kelly opvoer en dit as ‘n video-inskrywing vir die kompetisie ingestuur. Die liedjie, wat verskeie aspekte van sy talent ten toon gestel het, het hom ‘n plek in die blinde oudisierondtes van die program verseker. Die Parlotones-voorsanger, Kahn Morbee, het byna dadelik sy stoel gedraai nadat hy hom hoor sing het, en het sy afrigter geword vir die duur van die vertoning. Hy was ook die een wat hom aangemoedig het om Afrikaanse liedjies te sing. Fatman se geestige persoonlikheid en verhoogteenwoordigheid het hom onmiddellik ‘n gunsteling onder die skare gemaak en dit was nie lank nie of byna die helfte van die ateljee-gehoor het in soortgelyke hoede geklee gekom ter ondersteuning van die kunstenaar. Hy het in die Top 5 van die kompetisie geëindig en is dankbaar vir die positiewe impak wat dit op sy loopbaan gehad het. Na die Voice SA tot op hede het Fatman verkeie treffers uitgebring soos, Dorp Toe, Vuil Coke, Kamp Kommandant, O My Vy en Ditjies & Datjies saam met Lianie May. Hy toer ook die land vol met uitverkoopte shows vanaf Pretoria regdeur tot in die hartjie van Namibia. 

 


Easter Celebration with Loufi

Entrance:

The entrance fee is JUST R5 per person!

 

 

Date: 05 April 2026

Information:

Time: Between 14h00 – 16h00!


Coming from humble beginnings in Gqeberha (PE), Loufi

dreamed from a young age of getting out of his home town and

being more. 

In the community he grew up in, his options were a gun or a

microphone. He chose the microphone, and began to express

himself. 

Loufi has been making music for 10 years, 5 of those as a

professional artist. 

In 2019 he released his hit single Wit Skoene, which changed his

life. Wit Skoene has been awarded Platinum, Boude has been

awarded Gold, as well as Gold for Baas Vannie Plaas. 

Loufi has won multiple awards for his music including an Aitsa

Beste Liedjtie Vannie Jaar for Bank Rob, the Afri-Indie Award

for Artist of the Year, and Song of the Year for Plaas Toe. Loufi

was nominated for a SAMA in 2023 for Best Afrikaans Album. 

As an Independent Artist, his first two releases have garnered

over 1,3 millions views in 2024 alone. 

Looking ahead, Loufi has big plans for 2025..

Easter Celebration with Elandré

Entrance:

The entrance fee is JUST R5 per person!

 

Date: 06 April 2026

Information:

Time: Between 14h00 – 16h00!

It was only a few years after Elandré left the small coastal town of Despatch at 19 for theatre school, in Cape Town, that his keen eye and lifelong love for the stage would surely come in handy. His viral online cover of Bruce Springsteen’s; Tougher than The Rest, lead to him signing his first major record deal in 2016. 

His affinity for songwriting was successfully showcased on his debut album Kleindorp-Dromer, achieving gold status within a mere three months. This was triumphantly followed by the multiplatinum dance driven album; Boomhuis. A childlike obsession with the visual arts found a home within reoccurring collaborations with video director Christian Wolf. Across four albums they have repeatedly managed to deliver consecutive hit-music videos from ‘Vuur Op Die Water, Tussen Die Lakens, and Woorde Uit Jou Mond; to Waar Die Wind My Waai and Binne & Buite from the Europop album Rugsak. Most recently kicking off a new era with the video for ‘Asseblief’.

?Polished versatility combined with an honest coastal calm. 

?Estetika is a striking return for Elandré with two of its singles Hand aan Hand and Lieflik - both already certified gold. The record is a romantic drive down the road of 2000’s Afrikaans garage rock, and MK-Mania. 

?After only a couple of years on the Afrikaans music scene, he has between studio and stage garnered loyal support amongst Afrikaans listeners alike with his unique pop perspective.

Elandré’s catalogue showcases Afrikaans music dressed in a range of different designs, nostalgically striving forward with every new addition. 



Judith Kea

Entrance:

The entrance fee is JUST R3 per person!


Date: 11 April 2026

Information:

Time: Between 14h00 – 16h00!

Songwriter & Publisher: Howard Houston / Arabella Musikverlag / Blue Obsession Musikverlag Copyright: IBEnterprises (PTY) Ltd 2026 Recording & Music Producer: Johan Fourie / Judith Kea Executive Producer: Ian Bossert Release Date: 20 February 2026 Genre: Pop Language: English Track Length: 3:11 About the Song “Fool’s Lullaby” is a new recording and remix of the original 1992 Bonnie Tyler hit. The song is a heartfelt plea to a former lover to try and save a relationship that has fallen apart. It is a powerful love song, and through Judith Kea’s interpretation and strong vocal ability, this classic is given new life and is set to become another standout hit for Judith Kea. Artist Highlights • Judith has appeared on numerous radio station charts with her songs, including several number-one hits from her debut solo album Think Twice, as well as her rendition of “Black Coffee.” • Winner of the Afri-Indi Award for Best Female Vocalist (2020). • Internationally, she represented South Africa at the Arts Festival in Orlando, USA. • Judith is also an accomplished songwriter and frequently serves as director on many of her own productions. For Radio This single is radio-ready and ideally suited for pop and contemporary playlists. Distribution Social Media Judith Kea’s music is digitally distributed by Next Music under exclusive license from IBEnterprises.

Pieter Pruis

Entrance:

The entrance fee is JUST R3 per person!


Date: 12 April 2026

Information:

Time: Between 14h00 – 16h00!

Pieter Pruis, beter bekend as die “Benoni Baby”, is op 28 Oktober 2005 gebore en het in Benoni grootgeword. Hy beskryf sy kinderjare as opwindend en vol lewe. “Ek sou sê die manier waarop ek grootgemaak is, was baie konserwatief — soos in die ou dae,” vertel Pieter met ’n glimlag. “Maar ek het my kinderlewe geniet — ons het visgevang en sommer net alles gedoen wat seuns doen.”

In laerskool was Pieter ’n toegewyde rugbyspeler: kaptein van die A-span, eerste skopper, en afgerig deur sy pa. Maar sy lewenspad het ’n verrassende draai geneem toe die kooronderwyseres hom eendag genader het om vir die koor te oudisie. Hy het die Suid-Afrikaanse volkslied gesing, en die res is geskiedenis.

Daardie dag het ek vir my pa gesê ek wil nie meer rugby speel nie, ek wil sing,” vertel hy. Kort daarna het Pieter by die Ekurhuleni Kinderkoor aangesluit en selfs saam met hulle na die Koor-Olimpiese Spele gereis — dit is waar sy musiekloopbaan sou begin.

Teen hoërskool het Pieter reeds begin optree en gigs doen. Op net 16 het hy reeds backing vocals vir bekende kunstenaars gedoen, onder andere vir Kurt Darren se treffer “Die 80’s” by Select Musiek. “Daardie ervaring het my oë oopgemaak — ek het toe geweet ek wil by ’n platemaatskappy wees. Dis waar my passie regtig begin het.”

Wat sy storie nóg merkwaardiger maak, is dat niemand in sy familie musikaal is nie. “Alles het begin by daardie koor tannie in graad 6,” sê hy dankbaar.

Hoewel Pieter se voorkoms dikwels netjies en stylvol is, beskryf hy homself as ’n gewone ou wat hou van visvang en quad bike ry. Sy musiek is egter enigiets behalwe alledaags — ’n energieke mengsel van rou emosie en rock-geïnspireerde krag.

Sy grootste invloede lê in 80’s rock met kunstenaars soos Mötley Crüe en Nirvana wat hom inspireer. In die Afrikaanse musiekbedryf luister hy graag na Elandré en Spoegwolf.

Ek hou daarvan dat my musiek energie het,” verduidelik hy. “Maar ek skryf ook diep songs — veral wanneer ek af voel. Dis hoe ek my emosies wys, want ek praat nie maklik daaroor nie.”

Pieter se musiek put dikwels inspirasie uit liefde — veral oor “girls wat ek nie kan kry nie,” erken hy met ’n glimlag. “Ek is maar bietjie teruggetrokke as dit by meisies kom, so ek skryf maar daaroor.”

Sy liedjies begin altyd by die woorde. “Lirieke kom altyd eerste by my op, en op die vreemdste plekke. Ek het hierdie ding waar ek soggens voor werk by die dam gaan sit — dis gewoonlik daar waar die woorde my tref.”

Pieter het sy heel eerste TikTok op 3 Junie 2025 geplaas — en dit het meer as 72,000 kyke gekry. Bekende kunstenaars soos Logan PietersenTinoBrendan PeyperElandréHendre BaardGian GroenJuan Boucher, en Nicholis Louw het almal op sy videos kommentaar gelewer — ’n teken dat die musiekbedryf reeds kennis van sy talent neem.

Kort daarna is Pieter op die Ontbytprogram “Goeiemore Good Morning” uitgelig as deel van ’n segment oor TikTok-sangers. Hy het so groot indruk gemaak dat CoolerBox Records hom raakgesien en ’n kontrak aangebied het. Pieter het later die groot nuus weer op dieselfde program gedeel — en sy dankbaarheid uitgespreek teenoor die span wat hom eerste raakgesien het.

Met sy unieke klank, opregte lirieke en natuurlike sjarme mik Pieter daarna om op die grootste verhoë in Suid-Afrika te staan — saam met van die land se top kunstenaars.

Ek wil hê my musiek moet ’n verskil maak in mense se lewens. As mense my liedjies saam met my sing, weet ek ek doen iets reg. Ek doen dit vir die mense — nie vir die image nie.”

Met sy sielvolle stem, rou eerlikheid en natuurlike sjarme is Pieter Pruis besig om sy plek in die Afrikaanse musiekwêreld te vestig. Hy is die perfekte kombinasie van moderne energie en ou-skool opregtheid — die nuwe stem wat Afrikaanse musiek nou nodig het.


Julanie J

Entrance:

The entrance fee is JUST R3 per person!

 

Date: 18 April 2026

Information:

Time: Between 14h00 – 16h00!


Julanie J is 'n jong, talentvolle Suid-Afrikaanse sanger en

liedjieskrywer wat aanvanklik bekendheid verwert het vir haar

Christelike musiek, maar nou ook uitblink in die Afrikaans/ Pop

en kontemporere genres met splinteruwe materiaal wat sy

spesiaal vir hierdie gehore ontwikkel het.

Die passievolle sangeres se aanloop tot sukses het in alle erns

afgeskop in 2016, toe haar debuut- album Spirit Breakout binne

minder as 24 uur van vrystelling Top 20 erkenning behaal het op

die internasionale iTunes-ranglys, en terselfde tyd aangedui is

as nommer 3 op ons plaaslike ranglys. Sy is ook in dieselfde jaar

op die ouderdom van 19 genomineer vir 'n Mzansi-toekenning -

'n enorme eer en prestasie vir 'n relatiewe nuweling in die Suid-

Afrikaanse kalklig. Julanie J se musiek-loopbaan strek egter veel

verder terug; sy het reeds op die ouderdom van 4 haar eerste

liedjie gekomponeer, en Spirit Breakout bevat werke wat sy

onderskeidelik op ouderdom 9, 11 en 13 geskep het.

Deesdae is sy kliphard aan die werk aan nuwe musiek vir haar

eie platforms, maar ook in groot aanvraag onder ander plaaslike

en internasionale musikante wat in groot getalle aanklop vir haar

gesogte liedjieskryf- dienste.

Warner Music South Africa het vanaf 2019 tot 2022, Vyf

Afrikaanse enkelsnitte as ook Julanie se eerste Afrikaanse

album *Mooi" uitgereik . People magazine noem haar "South

Africa's new pop princess" en 'n onlangse Huisgenoot resensie

sê dat Julanie "beslis 'n kunstenaar is om dop te hou." Met

Snitte soos "Sandkastele, Dalk is Ek, Liefde wat ons Heelmaak"

en die radio treffer "Arm" weet ons Julanie is verseker hier om te

bly

Tot groot eer vir Julanie J, wat as kind visie-probleme ervaar het,

was sy in 2017 aangewys as 'n Ster- Kinekor 'Vision Mission'

ambassadeur. "Deur my wedervaringe as kind het ek geleer dat

daar steeds 'n groot stigma bestaan rondom bril-dra, as ook visie

probleme en ek wil hierdie platform gebruik om kinders daarbuite

aan te moedig om hulself te aanvaar net soos hulle is sodat hul

kan uitblink in alles wat hulle aanpak," vertel sy.

Ten spyte van haar snelle sukses en blink toekoms, bly Julanie J

steeds 'n nederige Afrikaanse meisie met haar wortels diep

gedelf in haar geloof, gemeenskap en familie. "Ek is 'n gewone

meisie met 'n groot liefde vir die lewe, my mense en 'n lekker

groovy bassline. Ek is die jongste van ses kinders en reeds die

trotse tannie van 'n hele paar rakkers. My mense, bloed of nie, is

my alles."

PC Vermaak

Entrance:

The entrance fee is JUST R3 per person!

 

 

Date: 19 April 2026

Information:

Time: Between 14h00 – 16h00!

PC Vermaak is nie ‘n onbekende naam in die musiekbedryf nie. Hy is ‘n ervare kitaarspeler vir kunstenaars soos Irene-Louise van Wyk en Barto. Maar, nou slaan PC die rigting in as solo kunstenaar met sy eerste enkelsnit “Bars En Laat Aande”


Irene-Louise van Wyk

Entrance:

The entrance fee is JUST R5 per person!

 

 

Date: 25 April 2026

Information:

Time: Between 14h00 – 16h00!


Eloff

Entrance:

The entrance fee is JUST R5 per person!

 

 

Date: 26 April 2026

Information:

Time: Between 14h00 – 16h00!

Eloff is die naam op almal se lippe. Hy is ‘n Potch-student wat blitsvinnig bekendheid verwerf het met sy Platinum debuut-enkelsnit ‘Johnnie Blou’ en opvolg snitte ‘Geheueverlies’ en ‘Witblits’ wat sterk op pad is na Goue Status. Eloff slaag daarin om die ontasbare gees van die Afrikaanse kultuur vas te vang en dit tot sy suiwerste vorm te distiller. Dis minimalisties, post-Sokkie Boeremusiek. Sy musiek, tong-in-die kies lirieke en onploffende energie word nou geniet by elke goeie partytjie. ‘Johnnie Blou’ pronk nogsteeds op trefferparades sedert die Platinum debuut-enkelsnit vrygestel is. Die liedjie is glad op die ore maar tog smaak dit soos die soetse Whiskey – perfek om jou partytjie se vure aan te steek. Na ‘Johnnie Blou’ verseker Eloff homself weer ‘n posisie op die nommer een posisie op trefferparades met sy tweede enkelsnit ‘Geheueverlies’ wat jou klap en knal sal plaas in die middle van die esktra-kurrikulêre kant van studentelewe. ‘Witblits’ volg wat nou sy nuutste enkelsnit is. Dit is die storie van ‘n windgat stadsjapie wat verbode liefde najaag teen oënskynlike onoortreflike struikelblokke ‘Gaan jou pa my mo*r?” Uiteindelik vind hy aanvaarding op die laaste plek wat hy gedink het om te soek– ‘n lekker plaaspartytjie.

Dirk van der Westhuizen (P/H)

Entrance:

The entrance fee is JUST R5 per person!

 

 

Date: 27 April 2026

Information:

Time: Between 14h00 – 16h00!

"Dirk van der Westhuizen maak 27 April jou vakansiedag Bietjie Lekkerder by East Rand Traders. Kom wees 'n Bietjie Sexy en kom Gooi daai Suiker soos net Boksburg kan! Sien julle daar!"