Entrance: The entrance fee is
JUST R5 per person!
Date: 21 March 2024
Information: Time:
14h00-16h00! Enjoy a spectacular performance by Ricky Faber. Having been
invited to participate in many Afrikaans music festivals and performing
at a wide range of venues, Ricky Faber are sure to blow your mind with
his talent and on-stage energy. He genuinely enjoy the stage and
entertaining and wants to make sure you have a good time. With awards and
nominations from SAMA and Vonk, you are sure to enjoy him and become biggest
biggest fan.
Entrance: The entrance fee is
JUST R3 per person!
Date: 23 March 2024
Information: Time:
14h00-16h00! Priscilla is geen vreemdeling in die musiekbedryf nie. Na
haar groot suskes met SABC 2 Supersterre se TOP 3 en meer as 1,3 miljoen kykers
per week het haar sangloopbaan van krag tot krag gegaan. Oor die jare het sy
die land plat getoer met vele No 1 posisies op verskeie radio stasies. Vandag
leef haar passie vir musiek steeds voort. Wat haar optredes betref, weef sy
kunstig tussen ballades en sneller ritmes sodat jy die heel soetste, suiwer
vreugde beleef. Wanneer ‘n sanger die waarde van interpretasie verstaan,
waarborg dit sukses. Haar briljante professionele verhoogoptrede is energiek,
sensasioneel en oorrompel elke lid van die gehoor – maak nie saak watter
ouderdom nie. Haar goue vertolkings van nuwe, sowel as immergroen nommers
is pure plesier. Juis daarin lê haar wenresep: daar’s iets vir almal om te
geniet, en dit doen hulle ten volle. Haar optrede het telkemale die gehoor op
hulle voete terwyl hulle smeek vir nóg!! Priscilla is ons plat op die aarde, donkerkop nooi van die
platteland wat met die eerste oogopslag diep in elke hart inkruip. Haar
spontane liefde vir mense en haar Skepper is aansteeklik.
Entrance: The entrance fee is
JUST R5 per person!
Date: 24 March 2024
Information: Time:
14h00-16h00! Jakkie Louw (born 20 May 1979 in Oudtshoorn) is a South
African singer, songwriter and actor. He attended D.F. Malan High School,
matriculated and thereafter studied B.Com at the University of Stellenbosch. He
is known for hits such as "Drie Pikkewyne", "Bamboesbos ",
"Gemaak in SA", "Voshaarnooi" and the
"Hoendersong". On his album “Gemaak in SA” he had a big hit with "Een
miljoen woorde". He also performs with Kevin Leo under the stage name
Jakkals en Leo. Already in high school, he founded the music group Stone
Analysis with Viljoen Retief, Christiaan Wood and Colin Johnson. He started as
a musician in Stellenbosch and later moved to Pretoria. In those years he sang
hits like "Rambo die polisiehond" and "Bottel Tas". Louw is
the author of the book “Liedjieskrywer 101”, in which he teaches people how to
write songs and work with rhythm and rhyme. He dedicated the book to his
father, Nico Louw. In 2018, Jakkie launches his children's story book,
Felias en Pokkel.
Entrance: The entrance fee is
JUST R5 per person!
Date: 29 March 2024
Information: Time:
14h00-16h00!
Entrance: 29, 30, 31 March & 01 April 2024
Date: 29 March 2024
Information: Times: 12h00 to 15h00!
Entrance:
Date: 30 March 2024
Information: 11-12 face painting 12-1 Easter egg 3d paintings
Entrance: The entrance fee is
JUST R5 per person!
Date: 30 March 2024
Information: Time:
14h00-16h00! Arno Jordaan is in Port Elizabeth gebore en het aan die Hoërskool Brandwag as
onderhoofseun gematrikuleer. Sy se groot belangstelling toe, was rugby en het hy die
Oostelike provinsie verskeie kere by die Cravenweek verteenwoordig.
In 2003 het Arno en sy sangmaat, Susan mense laat regop sit met hulle vertoning in die
Kyknet Zing realiteits-sangkompetisie. Suid-Afrika het begin kennis neem van die blondekop
hartebreker wat nie net kan sing nie maar ‘n ware “entertainer” is wat harte steel. Arno en
Susan het die land vol getoer. Musiek het die oorhand gekry en Arno het sy rugbyskoene in
die kas gepak en sy musiekloopbaan volstoom aangepak.
Met sterre in sy oë het hy sy eerste solo-album “Altyd” uitgereik. Die debuutalbum het soos
soetkoek verkoop en Arno het nog talle aanhangers gewerf. Sy droom het pas begin…
Hy het begin skouers skuur met Steve Hofmeyr, Dozi en talle ander bekendes. Dit was veral
vir hom ‘n eer om ‘n verhoog met die internasionale groep “Smokie” te deel.
Arno is nie net ‘n bekwame sanger nie, maar tree ook as seremoniemeester by verskeie
geleenthede op. Sy tweede album “Ek Wil Jou Hê” het gevolg en meer as 40 000 eenhede
(platinumstatus) verkoop.
‘n Groot hoogtepunt in Arno se musiekloopbaan, was toe hy in 2007 genooi is om deel te
wees van die Internasionale Rugby arena, waar hy by meer as 6 geleenthede die Nasionale
Volkslied moes sing by rugbytoetse waartydens die Springbokke gespeel het.
Daarna was hy besig om SA plat te reis met optredes en as gevolg hiervan, moes hy twee
geleenthede na Australië en Engeland van die hand wys om daar die volkslied te sing.
Hy was ook die uitgesoekte kunstenaar wat die temalied, “The Time Is Now” vir die
Wêreldbeker gesing het in daardie jaar. Aan die einde van 2017 was Arno Jordaan reeds
bekend as ‘n huishoudelike naam en net te dankbaar vir soveel geleenthede. Daarna was hy
genooi om deel te wees van die 10-jarige bestaan van SKOUSPEL wat in Sun City aangebied
is.
Sy vierde album, “Gee My” is uitgereik en het binne die eerste dag van vrystelling goue
status (20 000 eenhede) behaal en slegs ‘n paar maande later gespog met meer as 40 000
eenhede verkoop. “Gee My” is selfs vir ‘n SAMA-toekenning benoem. Sy vyfde album
“Stukkie Van Jou Hart” het ook goue status behaal en het hy sy lyf in 2013 akteur gehou vir
die treffer Afrikaanse musiekrolprent, “As jy Sing” saam met ander sterre soos Bobby van
Jaarsveld, Karlien van Jaarsveld, Bok van Blerk en Robbie Wessels.
Arno het homself verder akteur gehou saam met Neels van Jaarsveld in kykNET se
Silwerskermfees Kortfilm “BEN SE BEGRAFNIS”, wat weer bewys het dat hy beslis nog
daardie talent het.
Intussen het hy kragte met Coleske Artists gesmelt en voorheen as deel van die gewilde
Afrikaans is Groot span en konsert ook die verhoog gedeel met van Suid-Afrika se grootste
kunstenaars, insluitende Theuns Jordaan, Juanita du Plessis, Bobby van Jaarsveld, Riana Nel
en nog vele meer!
Sy album, “As Jy Hier Is” het in September 2015 ook goue status bereik. Van die land se
grootste liedjieskrywers soos Johan Oberholzer, Ewald Coleske en Christoph Kotze het
treffers vir daardie album neergepen. Die musiekvideo van “As Jy Hier Is” het reeds meer as
465 000 kyke en Arno is tans besig om hard te werk aan sy nuwe album wat eersdaags op
die rakke sal wees.
“Die Eerste Keer” is die eerste enkelsnit vanaf sy nuwe album wat binnekort vrygestel word.
Arno is oor die jare gevestig as ‘n huishoudelike naam in die vermaaklikheidsbedryf en
beloof om nog vir baie jare goeie musiek uit te bring. Arno is baie opgewonde oor alles
waarmee hy besig is en dankbaar vir die Coleske Artists wat ‘n pad saam met hom stap.
Daar is GROOT dinge wat nog oppad is. Die enkelsnit se musiekvideo is ook verfilm met
bekende gesigte, Mila Guy en Deanre Reiners, wat die liefdesverhaal vertolk. Hierdie video is
beskikbaar op Youtube.
Saam met sy befaamde platemaatskappy en ongelooflike liedfjieskrywers beloof hy om sy
beste album nog uit te bring. Na meer as 13 jaar in die musiekbedryf is Arno Jordaan steeds
een van Suid-Afrika se gunsteling kunstenaars en met sy energieke optredes en saamsing
treffers beloof hy om die land nog vir jare vorentoe aan die sing te hou!
Maar deesdae hou hy ook sy lyf stigter van die Boobaloo expo, een van die grootste baba en
kleuter expo wat Time Square Sun Arena al ooit gesien het. Maart 2018 was die heel eerste
een wat gehou was en met groot sukses! Hulle is alreeds sterk oppad met die belanning vir
2019 se expo. Hou Arno Jordaan dop. Dit lyk daar is niks wat hy nie kan doen.
Arno Jordaan @Arnojordaan @arnojordaan.
Entrance: The entrance fee is
JUST R5 per person!
Date: 31 March 2024
Information: Time:
14h00-16h00! BIETJIE LEKKERDER MET DIRK VAN DER WESTHUIZEN Vanaf sy kenmerkende klanke en so bietjie boere
musiek regdeur tot “Slap
House beats”, heerlike
sokkie musiek en iets wat
die hartsnare tokkel, bevat
Dirk van der Westhuizen se nuwe album “Bietjie Lekker” inderdaad iets vir almal! “Met
elke album voel dit of ek dan eers
myself gevind het vir die eerste keer, en soos ek terugkyk besef ek dit is elke
keer net ‘n groei proses”, vertel Dirk. “Met die nuwe album het ek soveel fun gehad en net besluit
om nie alles te ernstig
op te neem nie. Ek het net
geskryf, oor alles.
Nie te hard gedink nie en regtig my tyd gevat
met elke song.” Voor “Bietjie Lekkerder” het
Dirk sy album ‘Dirty 30’s’ vrygestel wat bydra tot
sy versameling van 6 volledige albums. Die album was ook om sy 30ste verjaarsdag-jaar te vier en ‘n nuwe
blaadjie om te slaan.
Die album was
baie persoonlik vir Dirk. Hy wou nie net
sy aanhangers aanmoedig en ‘n positiewe boodskap oor dra nie
maar ook sy vynande laat
weet het dat hulle horn nie sal onderkry
nie — hy is hier om te bly. Suksesvolle albums deur Dirk
van der Westhuizen sluit ook in “Sexy Vi My”,
“Stoom” “#OnsWiIEnOnsKan” asook
‘n rits Goue-
en Platinum Toekennings. Dit bewys dat Dirk van der Westhuizen nie sommer die musiekbedryf sal verlaat nie.
Entrance:
Date: 31 March 2024
Information: 11-12 face painting 12-1 Easter egg hunt and prizes
Entrance: The entrance fee is
JUST R5 per person!
Date: 01 April 2024
Information: Time:
14h00-16h00!
Entrance: The entrance fee is
JUST R3 per person!
Date: 06 April 2024
Information: Time:
14h00-16h00! From performing in my living room with a toy microphone, to
releasing my own album and performing nationwide, my journey in the music
industry has been a dream come true. Some of the highlights in my career have been: Opening for ADAM at the Blou Hond Theatre Collaborating with Vaughn Gardner and Hugo Ludik for my
singles “Smeek”, “Wat As” & “Oor Dit” Collaborating with Kyle Grant & Hugo Ludik on a single
“Deur Engele Oe” These days I enjoy singing live and sharing my passion for
music with an intimate audience. From country to pop, my shows are full of
variety and cater to everyone in the crowd.
Entrance: The entrance fee is
JUST R5 per person!
Date: 07 April 2024
Information: Time:
14h00-16h00! DAVID FOURIE GEE NUWE LEWE AAN
BEKENDE DONNA SUMMER-TREFFER David Fourie het beslis geen
bekendstelling nodig nie. Sedert hy in 2002 sy buiging op die SA IDOLS-verhoog
gemaak het, het hy diep spore in die plaaslike musiekbedryf getrap en kan hy
spog met ’n hele rits treffers, hoogtepunte en toekennings. Hy was nog altyd ’n kreatiewe
siel, wat dit geniet om uit die boks te dink, en sy nuutste enkelsnit, ON
THE RADIO, is ’n goeie getuigskrif van hoe hy dit regkry om sy unieke
stempel af te druk op elke projek wat hy aanpak. Hierdie herskepping van die
gewilde Donna Summer-treffer, wat vervaardig is deur Marius Brouwer en Dirk van
Niekerk, kombineer elemente van soul-, disco- en popmusiek op ’n unieke en
moderne manier en sal beslis aanklank vind by diegene wat lief is vir sy
musiek. “Ek is ’n groot aanhanger van
Donna Summer en die disco-/ soul-era. Daarom het dit vir my, as musikant, baie
genot verskaf of nuwe lewe in hierdie liedjie te blaas en dit op die radio vry
te stel,”
verduidelik hy. “ON THE RADIO is natuurlik elke sanger se droom en
dit neem my terug na my kleintyd in die platteland toe ek graag my liedjies oor
die radio wou hoor.” ’n Musiekvideo van hierdie
besonderse verwerking is ook nou beskikbaar. Dit is in Johannesburg verfilm,
met Pierre Smith aan die stuur, en sluit ’n mengsel van ateljee- en
buitelug-beeldmateriaal in. “Die video vertel ’n storie van wat gebeur wanneer jy ’n
lied oor die radio hoor wat jou herinner aan ’n verhouding wat jou ’n les
geleer het, en nes jy dink jy het aan beweeg hoor jy weer iets wat alles
terugbring,” deel die musikant. “In die video word ek uitgebeeld as hierdie netjiese
sanger wat sing en klavier speel saam met die radio, asook as my growwer
getatoeëerde alter ego,” verklap hy. “Daar
is ook ’n toneel van ’n meisie wat dans op die dak en emosie weergee. Die
beelde pols soos wat golwe op die radio ook maak maar ook hoe jou
emosionele golwe op en af gaan.” Volgens hom is die boodskap dat musiek (veral oor die radio) ’n geleier is
vir die siel omdat dit golwe van herinneringe en emosie terug bring, goed of
sleg. Kyk die video hier: https://youtu.be/iDHe-8YsNHo ON THE RADIO volg in die voetspore van
talle groot radiotreffers, waaronder Ek Wil Jou Ken, Kaboemielies, Hou My Vas Stywer Vas, My Hart Het
Klaar Besluit, Jy Soen Soos ’n Engel, Vandag Maak Ek Jou My Vrou en vele meer. David sing al vandat hy ses
jaar oud is en wou nog altyd ’n musikant wees. Hy het die mark amptelik in 2002
betree nadat hy ’n finalis was op die Suid-Afrikaanse weergawe van die
musiekprogram, IDOLS. Kort daarna is sy eerste
album, Land in die Suide, uitgereik waarvoor hy in 2003 ’n SAMA-benoeming
ontvang het. Oor die jare het hy verskeie loopbaanhoogtepunte
bereik, waaronder openingsvertonings vir Westlife gedurende hulle
Suid-Afrikaanse toer en om uitgenooi te word om as spesiale gas by die
Eurovision-sangkompetisie op te tree in 2011. Hy het ook die wenliedjie, Running
Scared, opgeneem wat ’n groot treffer in Suid-Afrika was. Verder het hy ook
al die voorreg gehad om die Suid-Afrikaanse, Australiaanse en Skotse
volksliedere te sing tydens toetsrugby. Dié 42-jarige Vrystater woon tans in die Kaap saam met sy lewensmaat, Shaun.
Hy spog met ’n graad-ses-musiekkwalifikasie van Unisa en was deel van die
Bloemfonteinse Kinderkoor, wat in Duitsland en Switserland opgetree het. Hy het ook op ’n kol in Nieu-Seeland gewoon, gewerk en opgetree, voordat hy
onlangs weer teruggetrek het Suid-Afrika toe. David sou graag ’n sjef of ’n koskenner wou wees as hy ’n ander beroep moes
volg en hy moes op een stadium verslankingsprodukte verkoop om te oorleef toe
hy in Indië gebly het. Die musiekbedryf het hom geleer dat dit soms goed is om ’n blaaskans te vat
en weg te tree uit die kollig om jouself opnuut te ontdek en te vernuwe. Hy werk ook as ‘n kreatiwiteitsbestuurder vir ’n maatskappy in Nieu-Seeland
en maak Engelse studiemateriaal vir kinders regoor die wêreld. Hy is ook besig
om sy eie fiksheidsklerereeks te ontwikkel en gee musiekles vir kinders met
gestremdhede. Sy planne vir 2023 sluit heelwat nuwe
musiek in en hy beplan ook om aanlyn ’n liedjie op te neem saam met kinders in
Auckland, wat op die spektrum is en met fisiese uitdagings sukkel. ON THE RADIO is ’n knap verwerking van ’n
ou gunsteling, wat luisteraars lank sal bybly en jonk en oud sal bekoor. Dié besonderse herverwerking van ’n gewilde
treffer is simbolies van hoe David ook konstant besig is om homself te vernuwe,
want elke gewilde treffer verdien dit immers om soms ’n nuwe baadjie aan te
trek. “Die liedjie is regtig ’n
samevatting van my sterkpunte: my stem, klavierspel, kreatiwiteit, ritme en
emosie en dit is ’n herdenking wat erkenning gee aan ouer genres soos disco en
soul,” sluit hy af. Hierdie snit is nou beskikbaar
op digitale platforms. Kry dit hier: https://li.sten.to/ontheradio
Entrance: The entrance fee is
JUST R3 per person!
Date: 13 April 2024
Information: Time:
14h00-16h00! HunTer
hunts down hearts of the public with her beautiful dynamic powerful velvet
voice from being an outstanding radio presenter to Mcing to live performances.
She will have her audience sitting on the edge of their seats with her dazzling
personality and stage presents. HunTer
performs locally and internationally her genre mainly Adult Contemporary but
enjoys performing COUNTRY, ROCK, POP, GOSPEL as well as POWER BALLADS in
ENGLISH, AFRIKAANS, PORTUGUESE, SPANISH and DUTCH. HunTer being a well-seasoned
song writer enjoys playing her Piano as well as Guitar when writing her
original songs as well as when she performs live.
Entrance: The entrance fee is
JUST R3 per person!
Date: 14 April 2024
Information: Time:
14h00-16h00! Gary Forwood started his career as singer off during 2003
and from there his career went from strength to strength and perform at
festivals such as Aardklop, Innibos, Kreeffees, etc. as well as clubs pubs and
Theatres in South-Africa and Namibia . Due to his exceptional ability to keep the attention of his
crowd, people started to book him as MC at Golf days, fundraisers and pageants. During 2009, Rekord newspaper appointed him as their MC an
Entertainer for their Mr & Miss Rekord and Rekovoce competition. He also
wrote the theme song for this competition, “Modepop” He did 251 golf days, including the South African Amateur
Women’s Open (2009 – Presently), 14 @lantic 7’s Rugby Tournaments,
international 7’s tournaments such as the Assupol sevens in Stellenbosch and
the Safland Sevens in Namibia to name but a few. He also presented numerous
pageants at pre-primary, primary and high schools, as well as fashion parades
at flea-markets and shopping centres. Gary also offers other services such as Stages, Ramps,
Backdrops, Lighting and High Quality Sound with a sound technician. He is very entertaining; he has got a lot of experience in
his trade and promise never to disappoint. With a telly of close to 3600 live shows in the past 18
years he simply can not wait to be part of your event. Be on the lookout for his new hits Suidweskind and
Springbokpad!
Entrance: The entrance fee is
JUST R3 per person!
Date: 20 April 2024
Information: Time:
14h00-16h00! Armand and Andrea espach het in 2019 besluit om al musiektalent en liefde vir musiek te kombineer en 'n duo met die naam Skemer, het ontstaan.
Entrance: The entrance fee is
JUST R3 per person!
Date: 21 April 2024
Information: Time:
14h00-16h00! Gideon
Hunter is a singer and musician who has already entered the music industry in
2012. Since
2012, he has already released 3 albums. Although
with these 3 albums he focused specifically on Country music, Gideon can also
sing several other Genres. In
2019 he makes his first music video after releasing his first Afrikaans single,
"Die hart van een man". During
2019, this single did very well on Springbok Internet Radio's Top 20 and
achieved a 5th place. This
single were then be placed on various Radio Stations playlists. Gideon
performed at various festivals in the country since 2012 and has also had the
opportunity to do a preview for some of the country's greatest Afrikaans
artists. Currently,
Gideon is focused on writing and recording original music and the public can
look forward to a brand new album that will be released by mid-2022. When
you attend one of Gideon's performances you can look forward to a variety of
music as well as good laughs, good dancing and good company.
Entrance: The entrance fee is
JUST R5 per person!
Date: 27 April 2024
Information: Time:
14h00-16h00! Liezel Pieters het op negejarige ouderdom reeds geweet sing, en die verhoog, is bedoel vir
haar. Dit het gekom nadat ’n onderwyseres vir haar gesê het sy sing mooi. Vandag is sy een
van die grootste stemme in Afrikaans en ’n kunstenaar van Coleske Artists waar sy skouers
skuur met van die land se grootste en mees talentvolste kunstenaars.
Haar nuutste enkelsnit, Plus Minus Maal Deel, is pas onder die vaandel van die talentvolle span
by dié platemaatskappy vrygestel en met hierdie liedjie bewys Liezel weer waarom sy regmatig
haar plek as een van die land se blinkste sterre inneem.
Die uitreiking van haar debuutalbum, Sing Uit My Hart Uit, in 2017, staan vir haar uit as een
van haar hoogtepunte en treffers soos Asemloos en Miljoene Druppels is op dié album ingesluit.
Sing Uit My Hart Uit is ook bekroon met ’n Ghoema-toekenning vir die Beste Kontemporêre
Album deur ’n Vroulike Kunstenaar in 2018.
Die musiekvideo vir haar treffer, Asemloos, het reeds 2 miljoen kyke op YouTube geniet terwyl
Droë Riviere al 1,6 miljoen kere geyk is.
“As kind het ek deelgeneem aan al wat ’n sangkompetisie en revue was en ek is so dankbaar
oor waar ek myself nou bevind met my sangloopbaan,” het sy vertel.
Liezel hou haar konserte energiek en konsert- en feesgangers geniet veral ook die insluiting van
goue treffers uit die tagtiger- en negentigerjare. Haar vertolking van dié treffers is in die kol en
herinner aan ’n Belinda Carlisle-optrede.
As Liezel nie voor die mikrofoon is nie, geniet sy wegbreke in die bosveld en is tans ook
betrokke by ’n projek by ’n wildsplaas se Lodge.
“Ek sien myself oor 20 jaar juis as ’n suksesvolle wildsplaas eienaar wat op die stoep sit met ’n
lekker koppie koffie terwyl ek oor die bosveld horison uitstaar,” het sy vertel.
Liezel se paaie het vroeg in haar loopbaan al met dié van die Coleske-familie gekruis toe sy as
agtergrondstem op die groep EDEN se albums opgetree het.
Sy was ook ’n bekende gesig as agtergrondsangeres by die gesogte Afrikaans is
Groot-konserte wat ook deur Coleske Artists aangebied word.
Selfs met al die sukses in haar loopbaan en ’n opwindende toekoms wat wag, bly Liezel nederig
en is nie skaam om te erken dat sy weet wie haar Skepper is nie.
Liezel Pieters se musiek kan alles op digitale platfroms soos Apple Music geniet word. Kyk ook
uit vir haar musiekvideo van Plus Minus Maal Deel wat saam met die snit beloof om haar
aanganhers lekker te bederf. Hierdie jaar beloof om ‘n hoogtepunt vir Liezel en haar musiek te
wees.
HOOGTEPUNTE:
? Afrikaans is Groot-produksies
? Krone-konserte
? Ghoema-toekennings in 2018 vir beste kontemporêre album deur ’n vroulike kunstenaar
2018
? Verlowing in 2020
? Innibos-konserte.
Entrance: The entrance fee is
JUST R5 per person!
Date: 28 April 2024
Information: Time:
14h00-16h00! Ruan Josh is ‘n 32 jarige sanger, akteur, aanbieder, boer en besigheidsman wat al meer as 15
jaar se ondervinding in die plaaslike musiekbedryf agter die blad het.
Van sy loopbaan hoogtepunte sluit in:
1. Debuutalbum “Eggo” in 2017 wat Goue Status bereik het.
2. Sy deel in die Du Plessis familie Trio met albums soos “Kaalvoetkinners” (2017) en
“Sing Country” (2021)
3. Produksiedeelnames by Krone (2018), Afrikaans is Groot (2013 – 2015)
4. Aanbieder van “Klein begin” (2018) op SABC 2
5. Agtergrond stemwerk op meer as 50 Afrikaanse treffers
6. Wenner van beste byspeler in SA by die ATKV Tienertoneel in 2008 as deel van
Hoërskool Die Wilgers se verhoogensamble.
Na Ruan Josh se reuse sukses met “Provider” in 2020, met meer as 800 000 strome,
het hy daarmee bemoediging op presies die regte tyd vir mense gebring.
Die treffer is opgevolg met “Go Rest High on that mountain” en weereens het hy die
land vertroos met sy talent omdat hy self iemand naby aan hom verloor het tydens die gren
deltydperk.
Alhoewel die hele wêreld in
‘n tyd van verlies gewoond moes raak aan die nuwe normaal as gevolg van
Covid19, bewys Ruan die teendeel met sy nuwe enkelsnit “Verlore”. Dit is sy eerste kommer
siële liedjie in drie jaar wat hy vrystel en kom uit sy eie pen in samewerking met sus Franja.
In die tyd wat die musiekbedryf ongelooflik swaar trek, kry Ruan dit reg
om aan te hou vorentoe beur met nuwe musiek en ‘n vars aanslag en kan hy nie wag
om dit vir mense op te voer nie…
“Musiek is soos asemhaal vir my, dis deel van my wese en ek glo musiek spreek oor alle
grense heen. Dit troos, bemoedig, verryk en bring lekker tye mee. Ek glo musiek vloei in al
die krake van die lewe in en maak gesond en dinge beter. Dis juis hierdie feit wat my die
vaste oortuiging gee dat dit my skeppingsdoel is om by mense uit te kom en hulle iets te gee
wat hulle nie geweet het vermis is nie. Hetsy dit deur dansmusiek, diep balades of geestelike
musiek is, een ding moet hulle weet… Jesus Christus is die middelpunt van my bestaan en
die lewe saam met Hom is soveel beter as op ons eie.