Entrance: The entrance fee is JUST R3 per person!
Date: 09 June 2024
Times:
Information: Time: 14h00-16h00! Hierdie Vrystater met die borrelende , lewenslustige
persoonlikheid, steel nog steeds harte. Met 'n sprankelende
persoonlikheid en 'n pragtige stem, is Heidi terug met 'n nuwe
enkelsnit, Hartklop Duet, wat in lyn is met haar Ghoemagenomineerde debuutalbum,
“Wat 'n Hart Laat Lag”.
Heidi is gebore vir die verhoog en haar vertonings is uniek,
energiek en interaktief. Sy bederf haar gehore met ‘n “Country
vibe” en ‘n skeut of twee Popklanke.
Haar loopbaan het in 2016 vlerke gekry nadat sy raakgesien is
deur ‘n groot platemaatskappy en van Bloemfontein moes
verhuis na Pretoria. Vir die laaste 7 jaar leef Heidi haar droom
voltyds uit. En is opgewonde vir wat voorlê vir haar.
Hartklop Duet wat volg na die sukses van “'n Hele Week” uit die
pen van die gewilde skrywer Johan Oberholzer en sal enige
sokkie liefhebber se voete laat jeuk. Die video van Hartklop Duet beeld hierdie donkerkop sangeres
uit net soos sy is, passievol, spontaan en energiek. Sy is
lewenslustig en geniet wat sy doen.
Heidi het nie net 'n pragtige voorkoms nie, maar ook 'n
sprankelende persoonlikheid wat haar uitsonder. Sy het die
potensiaal om een van ons land se top sangeresse te word.
Hartklop Duet is beskikbaar op alle digitale platforms.