Entrance: The entrance fee is JUST R3 per person!
Date: 19 October 2025
Times:
Information: Time: Between 14h00 – 16h00! Heidi
BESPREEK HEIDI VIR JOU VOLGENDE FUNKSIE, FEES,
DAMESOGGEND,SKOU OF SKOOL FUNKSIE
Hierdie lewenslustige Vrystater met haar borrelende
geaardheid steel harte regoor die land. Met 'n sprankelende
persoonlikheid en 'n pragtige stem is Heidi terug met haar
nuwe enkelsnit,
“Aanhou” — ’n lied wat Heidi self geskryf het pas perfek by
haar Ghoema-genomineerde debuutalbum, “Wat ’n Hart Laat
Lag”.
Gebore vir die verhoog, is Heidi se vertonings energiek, uniek
en interaktief. Sy bederf gehore met ’n egte country-vibe,
gemeng met moderne pop.
Haar musiekloopbaan het vlerke gekry in 2014, nadat sy in
2012 ’n finalis was in die destydse Bloem-Idols
realiteitskompetisie. Sedertdien betower sy gehore landwyd
met haar opregte styl en passievolle optredes.
“Aanhou” volg op die sukses van “Sê my waar’s jou Hart” en
“’n Hele Week”,uit die pen van wyle Johan Oberholzer.
Die musiekvideo wys Heidi op haar natuurlikste— passievol,
spontaan en vol lewe.
In April het sy ’n platekontrak met die gesoute
platemaatskappy David Gresham Records onderteken—’n
instelling wat reeds meer as 55 jaar ’n steunpilaar in die Suid
Afrikaanse musiekbedryf is. “Ek is ongelooflik opgewonde en
dankbaar om musiek vry te stel wat ek self geskryf het,” sê sy.
“Aanhou” is beskikbaar op alle digitale platforms.
doen is jou geskenk terug aan Hom!
God het jou geseën met ‘n talent, wat jy daarmee
“
Kliek op die video
om te kyk!
AANHOU
KITSFEITE OOR HEIDI:
• Sy is gedoop as Marlé en op 9 maande is Marlé verander na Heidi toe.
• Heidi is gebore op Valentynsdag, en het ‘n tweeling broer.
• Haar Debuut album “Wat ‘n hart laat lag” was genomineer vir ‘n Ghoema—
Musiektoekenning vir die beste Pop-album deur ‘n vroulike Kunstenaar in 2018.
Heidi was ook genomineer as Publiek se gunsteling.
SÊ MY WAAR’S
JOU HART
• Haar enkelsnit “Sê my waar’s jou Hart” is ook genomineer in 2025 vir ‘n Afri
Indie Toekenning. En Heidi is genomineer as “Beste vroulike Kunstenaar”.
• Heidi is getroud en ‘n Mamma van twee pragtige, woelwater seuntjies.
• Heidi is gebore in Zastron, het grootgeword in Bloemfontein en woon nou in
Pretoria.
• Heidi leef haar droom voltyds uit as Sangeres en Grimeringskunstenaar.