Entrance: The entrance fee is JUST R3 per person!
Date: 22 November 2025
Information: Time: Between 14h00 – 16h00! I'm
a 27 year old Afrikaans artist born and bred in Pretoria. I've been singing
since the age of 5 and received professional vocal coaching since the age of 6
from my grandmother, Louise Senekal, who was also a classically trained
professional singer. Music runs through my veins. I have done opening
performances for artists like Arno Jordaan as well as Ricus Nel. I've been a
member of Rug Teen Rug Musiek since March 2024 and it honestly changed my life.
Since then I have released two new singles "Afrika Sonsak" as well as
my newest single "Paaie". I've performed on stages at festivals like
Innibos and also joined my other Rug Teen Rug members on an unforgettable
Western Cape tour in December. The stage is my happy place and my home. It is
where I can live, dream and ultimately be myself.
Entrance: The entrance fee is JUST R3 per person!
Date: 23 November 2025
Information: Time: Between 14h00 – 16h00! Die
toekoms van Afrikaans is deesdae ’n onderwerp wat baie aandag geniet en vir
diegene wat passievol is oor hulle taal en kultuur, is dit ’n saak waarvoor
hulle sal veg tot die bitter einde. Hierdie
passie is presies wat die musikant en liedjieskrywer, Muller Brandt, se eerste
Afrikaanse enkelsnit – MOEDERTAAL – geïnspireer het en hy wil graag hê dat dit
die nodige emosie by luisteraars moet ontlok. “Afrikaans
word meer as ooit bedreig en ons kan nie agteroor sit en kyk terwyl ons taal
van ons af weggevat word nie. Ons moet baklei en opstaan vir ons moedertaal,”
verduidelik die sanger. “Ek is lief vir ons taal en kan nie myself ’n toekoms
voorstel waarin my kinders en kleinkinders nie weet wat Afrikaans is nie. Ek
gebruik my stem en talent om ’n bydrae te maak.” Volgens
Muller, wat dié treffende snit saam met Douvoordag se Jattie de Beer geskryf
het, kan dit beskryf word as ’n eg patriotiese liedjie, met lirieke wat met die
hart praat. “Dit gaan luisteraars herinner aan hoe belangrik hierdie saak is en
dis hoekom hulle dit gaan geniet.” Jattie
de Beer was ook die regisseur van die besonderse video wat in Hartebeespoortdam
deur AGP Media verfilm is. “Die konsep van die video is nie uniek nie. Ek wou
die boodskap van die lied op ’n eenvoudige manier kommunikeer deur ’n gesprek
te voer met die kamera. Ek voel dat dit juis hierdie eenvoud is wat dit maklik
maak om op die lirieke te fokus,” deel hy. MOEDERTAAL
is die eerste vrystelling vanaf sy komende album, Brand die Skepe, wat in
September 2022 vrygestel word en hy sien uit daarna om hierdie juweel met die
publiek te deel. Muller
Brandt het in Pretoria grootgeword en is reeds twaalf jaar in die musiekbedryf
doenig. Sy pa se liefde vir country-musiek het sy passie vir sing laat vlam vat
en hy het nog nooit afgewyk van sy droom om ’n voltydse sanger te wees nie. Dié
dertigjarige kunstenaar meen dat Theuns Jordaan die grootste invloed gehad het
op sy eie styl, maar vind ook aanklank by musikante soos Kris Kristofferson,
Johnny Cash, Elvis Presley, Boney M, Bryan Adams, Bon Jovi, John Mellencamp,
Neil Diamond en Luke Combs. “Goeie
talent, gemeng met goeie karakter is die sleutel tot ’n lang en gesonde
loopbaan. Mense inspireer my nie met talent nie, maar met goddelike karakter,”
sê hy. “Ek beskou myself as ’n denker en dit het my lank gevat om nie alles te
oordink wanneer dit by skryf kom nie. Alles wat jy skep hoef nie diep te wees
nie. Alhoewel die meeste van wat ek skryf aan die dieper kant is, glo ek dat
musiek se krag van so aard is dat selfs die ligste liedjies ’n mens kan laat
beter voel. As iets werk, dan werk dit. As ek dit sing en dit voel reg, dan
sing ek dit.” Die
musiekbedryf het vir dié veelsydige sanger geleer dat jy jouself kan verloor as
jy nie weet wie jy is nie, dat jy jouself nie met ander moet vergelyk nie en
dat jy nooit moet vergeet wat regtig belangrik is nie. MOEDERTAAL beklemtoon
hierdie sentiment en is een van daai liedjies wat jou sal bybly lank nadat jy
dit vir die eerste keer gehoor het.
Entrance: The entrance fee is JUST R5 per person!
Date: 29 November 2025
Information: Time: Between 14h00 – 16h00! MEER AS 500 000 ALBUMS VERKOOP IN HAAR TUISLAND Nádine is een van Suid-Afrika se gewildste kunstenaars met verkope van
meer as 500 000 CD’s in haar geboorteland, Suid-Afrika, alleen. Suid-Afrikaners
luister al meer as 25 jaar lank na haar musiek, met haar debuutalbum wat die
lig gesien het toe sy 13 jaar oud was. Haar kristelhelder stem, haar borrelende
persoonlikheid en die vermoë om lirieke sielvol oor te dra, het haar van die
begin af gewild gemaak by die publiek. In 1997 het Nádine die verhoog gedeel
met die Spice Girls en Billy Ocean tydens die "Two Nations in
Concert" in Johannesburg. THIS TIME I KNOW Nádine skryf vele platinum- en goue status-toekennings agter haar naam.
Sy doen ten minste 120 vertonings per jaar, en nie net in haar geboorteland
nie. Sy is ook ’n bekende gesig in Europa, en sy word internasionaal bestuur
deur ’n Belgiese maatskappy. Haar album, “This time I know”, is in samewerking
met die top-Sweedse vervaardiger, Nick Manic, opgeneem. Die titelsnit was
dadelik ’n treffer, terwyl liedjies soos “Made up my mind” en “Coming home” net
so gereeld deur radiostasies gespeel is. BESTE POP-ALBUM Haar Europese avontuur het in die somer van 2009 behoorlik vlam gevat
met vertonings daar, asook ’n toer na Nieu-Seeland. Sy sluit die jaar op ’n
hoogtepunt af toe “This time I know” die gesogte Vonk-toekenning vir beste
pop-album in Suid-Afrika wen. WORLD PEACE SONG FESTIVAL Nádine is die eerste en enigste Suid-Afrikaner tot op datum om die
"World Peace Song Festival" te wen. Op 16 Februarie 2010 word die
geliefde Suid-Afrikaanse sangeres deur OGAE Italië as wenner aangewys met
"This Time I Know It's For Real". In die proses skop sy stof in die
oë van Coldplay (Engeland se inskrywing) en Ladyhawke (Nieu-Seeland). Volgens
Nádine het die toekenning vir haar “baie selfvertroue” gegee om die album in
Europa sowel as Asië uit te reik. TOP OPVOERDER – TEATERSTER – CHINA Haar talent is nie net tot musiekoptredes beperk nie; sy het ook ’n slag
in die teater. In 2012 is Nádine genomineer vir die Suid-Afrikaanse
Teatertoekennings vir haar hoofrol as Maria Magdalena in "Jesus Christ
Superstar". Die Toco Asië-span sien haar raak en is dadelik verlief op
haar. Hulle maak dan ook planne om haar onder andere aan gehore in Shanghai, Beijing,
Wuhan, Wenzhou, Tianjin Changsha en meer bekend te stel waar sy 22 vertonings
doen "LIGHT IN THE SKY" NOMMER EEN TREFFER In Desember 2012 reik Nádine ’n nuwe Kers-album uit. "Christmas in
South Africa" fokus op die multi-kulturele trots van SA, met liedjies wat
tot mense se harte spreek in tale soos Afrikaans en Zoeloe. "Light In The
Sky", Nádine se treffer van einde 2012, kry speeltyd in Suid-Afrika en
België. Die liedjie was onder andere nommer een op Jacaranda Top 20, een van
Suid-Afrika se gewildste radiostasies. 2013 & 2014 - DIE BEGIN VAN GROTER DROME Nádine het 2013 afgeskop met ’n landwye toer, gevolg deur voorbereidings
vir ’n nuwe Engelse- en Afrikaanse album. Die twee nuwe albums beloof lekker
popmusiek met ’n tikkie rock en ’n geurtjie van elektro. Sy is ook ’n bekende
gesig by Huisgenoot Skouspel, een van die grootste en gewildste
musiekproduksies in Suid-Afrika. “SKILDERY” Album word uitgereik
en die liedjie SKILDERY is ’n nommer 1 treffer op al die radiostasies landswyd ‘N NUWE TV STER IS GEBORE Suid-Afrikaanse televisiekykers kon reeds hulle gunsteling sangeres op
die kassie sien sedert Mei 2014 met die begin
van ’n nuwe musiekprogram. Nádine is as aanbieder gekies van “Musiek Roulette”
wat op SABC2 uitgesaai word. Die ikoniese produksiemaatskappy, Stemburg
Produksies, is die vervaardiger. ’n Lekker bonus is dat sy nie net aanbieder is
nie, maar ook sing in die program. Die program is ’n reuses sukses nie net
vanweë die interessante komponente in die musiekspelprogram nie, maar ook met
die aanbieder se persoonlikheid. Die Musiek Program Musiek
Roulette waar Nádine die aanbieder was het vir 7 jaar op SABC2 verskyn TEATER ·
Nádine slaag die oudisie in 2011 en word die hoofrol
aangebied as Maria Magdalena in die teaterstuk “JESUS CHRIST SUPERSTAR” ·
Na die sukses van JCS word Nádine genader deur Deon
Opperman om die hoofrol te speel in die teaterproduksie LIED VAN MY HART waar
sy speel teenoor Steve Hofmeyr ·
In 2015 word sy weer genader om die hoofrol te speel
in SNEEUWITJIE wat eersdaags Mei 2016 op die planke was by Emperors Palace ·
As gevolg van haar ongelooflike talent nader Pieter
Toerien haar vir die hoofrol in JOSEPH & THE AMAZING TECHNICOLOR DREAMCOAT”
einde 2016 · Die teaterstuk word opgevoer by MONTE CASINO TEATRO/
BAYWEST Teater in PE/THEATRE ON THE BAY KAAPSTAD/NEW ZEELAND Nádine se dagboek is vol bespreek maar na die bootreis waarvan sy deel
was “Rugby Cruise” 14 Februarie 2020 kom alle vertonings tot stilstand In hierdie tyd begin Nádine haar eie dagboek saamstel en die dagboek
sien die lig in 2020 waar sy ’n landswye toer doen met tussen 30 & 50
mense per geleenteheid om die dagboek te
bemark. Na die suksesvolle dagboek toer besluit sy en haar span om haar 25 Jaar
in die musiek te vier deur 25 vertonings te doen in 2021, met steeds beperkte
hoeveelheid mense by van die “venues” . Sy doen weer ’n dagboek wat vinnig
uitverkoop onder haar bewonderaars. Sy begin ook haar “Nellie Vellie” reeks in
leerskoene, handsakke, belde en grimeersakkies In Januarie 2022 vlieg Nádine België toe om Jingles te gaan opneem en vele
vertonings volg daarna. Sy bring ook haar eerste Afrikaanse liedjie “LIEFDE
SONDER N MAAR”uit na 7 jaar 2023 ·
Die jaar skop goed af met ongelooflike belowende
vertonings ·
Sy tree op oa by die KKNK, is op 3 bootreise as mc en
gaskunstenaar (Die Bokboot, die
Rugbyboot en die Sokkie Boot) ·
Sy tree ook saam met die Drakensberg Seunskoor op in
Junie en word deel van die ongelooflike kersopvoering
Desember in Vlaandere ·
Sy bring n nuwe kreatiewe vertoning na teaters genaamd “KLEURE” 2024 ·
Nádine is die enigste SA kunstenaar wat optree by die
Retro Show ·
Sy tree op as MC & is een van die kunstenaars op die Rugby Legende
Boot ·
Sy neem n duet liedjie op saam met DOZI wat binne n
paar weke klim tot 800 000 views ·
Sy word genader om as “HEADLINER ENTERTAINER op te
tree op die Royal Carribean World Cruise en kry staande applous. Sy is die eerste SA kunstenaar wat genader is
om daar op te tree ·
Sy word genooi om deel te wees van die Rugby Legendes
as Sangeres en MC in Zambia 31 Oktober tot 3 November ·
Sy tree op in November by die Hall of Fame prestige
geleentheid met die Sokker Legendes ·
Nádine is een van die kunstenaars by die POP Diva Show
in die Sun Arena waar sy die verhoog deel met Bonnie Tyler/PJ Powers/Blackbird. Boonop is sy die MC vir die aand 2025 · Nádine se jaar skop af met meer as 71 vertonings reeds
op haar kalender ·
Sy tree op as 1 van
10 kunstenaars in die “Ikoon” konsert met Steve ·
Sy word n tv
program aangebied as “Aanbieder” wat later die jaar opgeneem word ·
Sy word genader om deel te wees van die ongelooflike
suksevolle ”Swinging in Las Vegas” Vertonings wat gedurende Mei opgevoer is , uit 8 konserte
bestaan en wat later Internasionaal geneem word ·
Sy vorm deel van die ATKV Crescendo groep en word
genader om deel te wees van hulle opvoering 4 Julie ·
Nádine is ook deel van “SKRYF IT” waar sy een van 5 beoordeelaars is wat op soek is na die beste nuwe Afrikaans
liedjie vir die FAK en sy en Login het dit gewen · Na die suksesvolle vertoning op die wêreld boot “Royal
Carribean” word sy weer genader om in November op te tree op die boot · Nádine tree op by INNIBOS Julie en sing vir die eerste
keer die liedjie “BLY” geskryf deur Steve Hofmeyr. Na 185 000 views besluit sy om die
liedjie op te neem en dit is so pas vrygestel Voorwaar n kunstenaar met n opregte hart, ongelooflike stem en met geen perke!
Entrance: Free Entry
Date: 29 November 2025
Information: Photo Booth: 12h00 to 14h00
Entrance: Free Entry!
Date: 30 November 2025
Information: Photo Booth: 12h00 to 14h00 · Balloon Arch ·
Face
painting, Balloon twister & Big Bubbles- (11h45 to 14h45)
Entrance: The entrance fee is JUST R5 per person!
Date: 30 November 2025
Information: Time: Between 14h00 – 16h00! Snotkop staan vandag as een van Suid-Afrika se grootste en
mees suksesvolle Afrikaanse kunstenaars van alle tye — ’n platinumverkoper,
meervoudige toekenningwenner en een van die mees gestreamde Afrikaanse
musikante in die geskiedenis. Met meer as twee dekades se trefferliedjies en
aansteeklike partytjie-anthems bly hy ’n reus op die Suid-Afrikaanse
musiektoneel en op digitale platforms wêreldwyd.
Bekend vir sy ontploffende lewendige vertonings en onvergelykbare energie, trek
Snotkop reuse skares landwyd én oor grense heen. Elke jaar doen hy meer as 100
uitverkoopte vertonings — van groot musiekfeeste en stadions tot eksklusiewe
vermaaklikheidsplekke. Sy aanhangers strek oor geslagte heen — van toegewyde
sokkie-aanhangers tot moderne pop- en dansliefhebbers — wat hom gevestig het as
’n ware kruiskultuur-entertainer.
As een van Suid-Afrika se top-afgelaaide Afrikaanse kunstenaars, het Snotkop se
katalogus miljoene digitale stromings gegenereer en sluit dit ’n reeks
platinum- en goue treffers in, soos Ek Laaik Van Jol, Cool Soos Koos Kombuis,
Song Vir My Dad, Parapapa en Boerepompie, om maar ’n paar te noem. Sy unieke
kombinasie van dans, pop en rap het hom gevestig as een van die mees bepalende
stemme in moderne Afrikaanse musiekkultuur.
In 2026 vertrek Snotkop op ’n groot internasionale toer, waar sy hoë-energie
vertonings gehore wêreldwyd gaan betower — met bevestigde stops in Dubai,
Ierland, Londen en Amsterdam, en verdere Europese stede wat binnekort
aangekondig sal word. Dit volg op sy aanhoudende reeks uitverkoopte vertonings
dwarsoor Suider-Afrika, van Kaapstad tot Windhoek.
Met sy magnetiese verhoogpersoonlikheid, egte karakter en onstuitbare energie
bly Snotkop een van Afrika se mees dinamiese en kommersieel suksesvolle
kunstenaars — ’n vertoner wie se naam sinoniem geword het met viering, ritme en
suiwer Suid-Afrikaanse kultuur en vermaak.
Entrance: The entrance fee is JUST R5 per person!
Date: 06 December 2025
Information: Time: Between 14h00 – 16h00! https://selectmusiek.co.za/elizma-theron-terug-na-4-jaar
Entrance: The entrance fee is JUST R5 per person!
Date: 07 December 2025
Information: Time: Between 14h00 – 16h00!
Entrance: The entrance fee is JUST R5 per person!
Date: 13 December 2025
Information: Time: Between 14h00 – 16h00! Hy is die stoutseun van Afrikaanse popmusiek wat enige partytjie behoorlik
aan die gang kry. Met ‘n lys treffers te lank om almal te noem is JAY oral
almal se liefling met sy ondeunde maar innemende persoonlikheid.
Dis al nege jaar sedert hy sy eerste solo album uitgereik het (Solo in 2010, #DisHoeOnsRol in
2013, So Lank Sal Ek Jou Liefhê in 2017) en byna elke uitreiking spog met platinumstatus vir
verkope.
Sedert hy in 2010 op sy eie paadjie vertrek het, eggo JAY se rekordsukses, ná Eden, in elke
projek wat hy aanpak. Of dit nou die indrukwekkende versameling duette met Lianie May is,
of die polsende ritmes, stemkwaliteit en bindende lirieke van sy eie materiaal, JAY se
perfekte balans van melodie en liriek waarborg weereens sukses, snit vir snit.
Hy is tans besig met beplanning vir ‘n nuwe solo-vrystelling later vanjaar na die duet
versamelalbum met Lianie May, Beste van J&L verlede jaar die rakke getref het.
Sy musiek is ook nou digitaal op iTunes en vir streaming op JOOX beskikbaar. Internetsukses
met meer as 3,7 miljoen kyke vir Le Bietjie Langer asook 1,7 miljoen kyke vir So Lank Sal Ek
jou Liefhe en ‘n allemintige 6,1 miljoen kyke vir Da Vat Hy bewys dat hy die partytjiekoning
in Afrikaans bly.
Met talle SAMA en Huisgenoot Tempo toekennings asook vyf platinum en drie
dubbelplatinum CD’s agter sy naam, hou JAY duidelik van goeie geselskap. Beide sy eerste
solo-albums en Bonnie En Clyde het meer as 40 000 eksemplare verkoop binne weke ná
vrystelling.
Of dit nou 2011 se rol as Jakes in die trefferfilm Platteland, sy marathon 14-jaar loopbaan
met Eden, of sy vele suksesse in die loop van die laaste ses vollengte albums en DVD
vrystellings is, JAY het sy naam verleen aan platinum, en in meeste gevalle, dubbel-platinum
treffers. Inderdaad indrukwekkende resultate.
EDEN
Hy was vir byna 14-jaar lid van Suid-Afrika se gewildste boyband, EDEN. Hulle was
hartebrekers wat knieë lam gemaak het net waar hul gaan. Van hul treffers soos Point Of No
Return, Knieë Lam, 54 5de Straat, Lyf Teen Lyf, Superhero, Is Jy Bang en Dirty Dancing
waarvan talle steeds partytjiegunstelinge is.
Die laaste EDEN-album – Nooit Oud Raak Nie se eerste single Dirty Dancing het orals op
trefferparades gepronk en het selfs ‘n Ghoema nominasie ontvang vir Beste Liedjie van die
Jaar. Eden is ook in dieselfde jaar vir ‘n Ghoema benoem as Groep Van Die Jaar en het ook ‘n
SAMA nominasie vir hulle album ontvang.
JAY & LIANIE MAY
Niemand sal ooit die ikoniese Toe Stop My Hart vergeet wat van Jay & Lianie May SA se
gewildste duetpaar gemaak het nie. Na die weghol sukses van hulle eerste duetalbum,
Bonnie en Clyde, het hul die opvolg, Vir Liefde in 2016 uitgereik. Die Beste van J&L is in 2018
vrygestel en die duetpaar bly ‘n gunsteling onder oud en jonk met uitverkoopte konserte reg
oor die land.
ANDER
Jay en sy gesin het ook hul hand aan ‘n realiteitsreeks gewaag, Jay & die Boys in 2017 waarin
sy vrou, Mia hom en sy 4 woelwater seuns uitgedaag het om doen-dit-self-takies in en om
die huis aan te pak. Dit was ‘n wenner en het ‘n heel ander kant van Jay as Pa en
huweliksmaat gewys.
Gebore in Sasolburg en gematrikuleer aan Hoërskool Aliwal-Noord voor JAY na skool by die
lugmag aangesluit het. Hier was hy deel van die Kannaries-sanggroep. Hy het daarna
musiekteater betree en in verskeie groot produksies sy buiging gemaak voor hy by die
sanggroep EDEN aangesluit het.
Hy is Pa van vier seuns – Aidan, Samuel, Luka en Jamie en as hy nie op die verhoog of op die
pad is nie hou hy van Pa wees. Hy is ook ‘n groot diereliefhebber en geniet ‘n aftydjie in die
bosveld of op die plaas.
Entrance: The entrance fee is JUST R5 per person!
Date: 14 December 2025
Information: Time: Between 14h00 – 16h00! It
was only a few years after Elandré left the small coastal town of Despatch at
19 for theatre school, in Cape Town, that his keen eye and lifelong love for
the stage would surely come in handy. His viral online cover of Bruce
Springsteen’s; Tougher than The Rest, lead to him signing his first major
record deal in 2016. His
affinity for songwriting was successfully showcased on his debut album
Kleindorp-Dromer, achieving gold status within a mere three months. This was
triumphantly followed by the multiplatinum dance driven album; Boomhuis. A
childlike obsession with the visual arts found a home within reoccurring
collaborations with video director Christian Wolf. Across four albums they have
repeatedly managed to deliver consecutive hit-music videos from ‘Vuur Op Die
Water, Tussen Die Lakens, and Woorde Uit Jou Mond; to Waar Die Wind My Waai and
Binne & Buite from the Europop album Rugsak. Most recently kicking off a
new era with the video for ‘Asseblief’. Polished
versatility combined with an honest coastal calm. Estetika
is a striking return for Elandré with two of its singles Hand aan Hand and
Lieflik - both already certified gold. The record is a romantic drive down the
road of 2000’s Afrikaans garage rock, and MK-Mania. After
only a couple of years on the Afrikaans music scene, he has between studio and
stage garnered loyal support amongst Afrikaans listeners alike with his unique
pop perspective. Elandré’s
catalogue showcases Afrikaans music dressed in a range of different designs,
nostalgically striving forward with every new addition.
Entrance: The entrance fee is JUST R5 per person!
Date: 15 December 2025
Information: Time: Between 14h00 – 16h00! – Fast Facts Keywords: Frontman singing drummer Entertainer Songwriter Vocalist Drummer Actor TV Presenter Session musician Master of ceremonies (MC) Music teacher Stage manager Endorsements / Sponsors: Yamaha Music South Africa Anatolian Cymbals Turkey Spaun Drum Company USA Selftrack Yokohama RSA Snappy Chef Personal information: Born:
16 August 1970, Durban KZN Full name:
Philip Botha Nickname:
Guppy; became his stage name in 2005; written phonetically GHAPI Primary school:
Laerskool Donkerhoek High school:
Hoër Tegniese Skool John Vorster Sport:
Rugby, athletics, cricket Tertiary education:
Electronic engineering,
Technikon Pretoria Music career: Instruments: Voice, drums, piano,
harmonica Age 10:
Started playing drums Age 11:
Started playing piano Age 13:
Started playing in their family band Love Corporation 1989:
The three Botha brothers started the band Georgia 1997 – 1999
Georgia formed part of Mel Botes’ theatrical production David’s Confession 2004
The brothers decided to pursue solo careers 2005 –
current
GHAPI sees the light Influences: Elvis Presley Creedence Clearwater Revival Van Halen Toto Phil Collins Bon Jovi Products: 1989
Georgia
Georgia 1996
Georgia
Sell Out 1998
David’s Confession About Time 2001
Georgia
Langpad 2003
Georgia
Half 2005
Ghapi
In die diepkant in 2006
Ghapi
In die diepkant in DVD 2008
Ghapi
Wie ek is… 2009
Ghapi
Rock it! 2010
Unlimited ft Ghapi
Unlimited 2012
Ghapi
Ek soek (single) 2013
Ghapi
III 2018
Various
Die Gelofte Ghapi features on various compilation and collaboration
albums International performance: Afghanistan Amsterdam Bahrain Bali Botswana DRC Dubai Istanbul London Mozambique Namibia USA Fort Lauderdale Florida USA Georgia Atlanta USA Houston Texas Zambia
Zimbabwe
Entrance: The entrance fee is JUST R5 per person!
Date: 16 December 2025
Information: Time: Between 14h00 – 16h00! ELOFF MAAK GOLWE IN DIE AFRIKAANSE MUSIEKBEDRYF Eloff is die naam op
almal se lippe. Hy is ‘n Potch-student wat blitsvinnig bekendheid verwerf het
met sy Platinum debuut-enkelsnit ‘Johnnie Blou’ en opvolg snitte
‘Geheueverlies’ en ‘Witblits’ wat sterk op pad is na Goue Status. Eloff slaag
daarin om die ontasbare gees van die Afrikaanse kultuur vas te vang en dit tot
sy suiwerste vorm te distiller. Dis minimalisties, post-Sokkie Boeremusiek. Sy
musiek, tong-in-die kies lirieke en onploffende energie word nou geniet by elke
goeie partytjie. ‘Johnnie Blou’ pronk nogsteeds op trefferparades sedert die
Platinum debuut-enkelsnit vrygestel is. Die liedjie is glad op die ore maar tog
smaak dit soos die soetse Whiskey – perfek om jou partytjie se vure aan te
steek. Na ‘Johnnie Blou’ verseker Eloff homself weer ‘n posisie op die nommer
een posisie op trefferparades met sy tweede enkelsnit ‘Geheueverlies’ wat jou
klap en knal sal plaas in die middle van die esktra-kurrikulêre kant van
studentelewe. ‘Witblits’ volg wat nou sy nuutste enkelsnit is. Dit is die
storie van ‘n windgat stadsjapie wat verbode liefde najaag teen oënskynlike
onoortreflike struikelblokke ‘Gaan jou pa my mo*r?” Uiteindelik vind hy
aanvaarding op die laaste plek wat hy gedink het om te soek– ‘n lekker
plaaspartytjie
Entrance: The entrance fee is JUST R3 per person!
Date: 17 December 2025
Information: Time: Between 14h00 – 16h00!
Entrance: The entrance fee is JUST R3 per person!
Date: 18 December 2025
Information: Time: Between 14h00 – 16h00! Leo Sonskyn is a passionate singer-songwriter and guitarist
from Brakpan, Gauteng. With a voice that carries both soul and sincerity, Leo
has made a name for himself through heartfelt performances and songs that speak
to real-life experiences, hope, and faith. He has appeared on platforms like
The Voice South Africa, Idols SA (Top 20, 2014), and Die Kontrak Season 3 (Top
5 finalist), capturing audiences with his authenticity and raw talent. Leo’s music blends acoustic storytelling with a modern
touch, rooted in his love for people, nature, and Jesus. He recently released
“Sondagnamiddag Liefde”, a nostalgic and feel-good track, as well as “Tyd vir
Als”, a soulful reminder of life’s seasons and divine timing. His previous
single “Amper daar” also continues to resonate with listeners across South
Africa.
Entrance: The entrance fee is JUST R3 per person!
Date: 19 December 2025
Information: Time: Between 14h00 – 16h00! The success of his award-winning duet hit with the popular
Jennifer Zamudio, “There's a Reason” in 2020, has definitely given Henri Alant
a boost and he is ready to release another new single, titled “Madeleine”. This
is Henri's fourth release since June 2020. His most recent releases were
"Jy is lig" and "Rose". The latter he wrote for his mother
and also held a Number 1 position. The lyrics for "Madeleine" are from Henri's own
pen and he used the melody of an overseas dance song by NIC.P. Henri follows
the example of Ray Dylan, whose song "Jessica", is also based on a
melody by NIC.P. "Madeleine" is a pop song, with a nice fast
rhythm, that promises to lure you to the dance floor. It is true to Henri's
energetic style and zest for life. Henri chose the title "Madeleine"
because he has never met a Madeleine who is not spontaneous or positive. He
believes most of us know such a "Madeleine". "I also like to celebrate artists who want to make me
stand up and try harder", says Henri. “I like to see people visit my music
but then it is so special when people contact me or email or on social media
tell me my songs mean something to them like; "Rose" which I wrote
for my mother in which all his supporters found appeal, "Alant continues. Henri believes that "There's a Reason" written by
Rudi Claase, and given to Henri for his 30th birthday "got my foot in many
doors". "It would not have had the same impact if Jennifer Zamudio
had not agreed to record it with me." The song was literally a runaway
success and reached six Number 1 spots on hit charts.
Alant believes that one should love what you do and what it
does when it goes well with success and bad times, but most importantly, you
should always remain humble.
Entrance: The entrance fee is JUST R5 per person!
Date: 20 December 2025
Information: Time: Between 14h00 – 16h00!
Entrance: The entrance fee is JUST R5 per person!
Date: 21 December 2025
Information: Time: Between 14h00 – 16h00! Franja du Plessis, 'n talentvolle liedjieskrywer en aktrise,
het van jongs af haar passie vir musiek en die verhoog
gewys. Sy het aan verskeie sang- en talentkompetisies
deelgeneem sedert haar skooljare en haar talent vir
musiek het vinnig sigbaar geword toe sy die hoofrol van
Leika in haar skool se revue tydens haar matriekjaar aan
die Hoërskool Die Wilgers vertolk het.
Haar loopbaan het haar regoor die land geneem met
optredes in produksies soos "Afrikaans is Groot" en
"Gospel Skouspel" in 2013. Sy het ook 'n indrukwekkende
vertoning gelewer in die rol van Marna de Jager in die fliek
"As Jy Sing," waarvoor sy die liedjie "In Twee Geskeur"
geskryf het.
Franja se musikale talente strek ook tot die skryf van liedjies
vir ander kunstenaars, soos haar ma, die platinumster
Juanita du Plessis. Sy het verskeie treffers vir Juanita
geskryf, insluitend "Om Jou Pinkie," "Aanhou Om Aan Te Hou,"
en "Kaalvoetkinners."
Na haar studies in musiek en produksie aan die Berklee
College of Music in Kalifornië, het Franja haar debuutalbum
"My Verhaal" in 2016 vrygestel. Hierdie album was die begin
van 'n suksesvolle loopbaan in die musiekbedryf.
Franja se tweede album, "Hittegolf," wat in 2018 uitgereik is,
bevat 13 nuwe liedjies wat almal deur haar geskryf is. Met haar
eerlike benadering tot musiek en 'n sterk vertroue in haar eie kuns,
het hierdie album haar gehoor, jonk en oud, nie teleurgestel nie.
Haar nuutste album, "Los Jou Hart," wat in 2022 uitgereik is, bevat
treffers soos "Bring Dit," "Gee My 'n Boerseun," en "My Lief." Franja
het ook saam met Juanita du Plessis en Ruan Josh 'n Sing Country-
album in Desember 2021 uitgereik.
Haar nuutste enkelsnitte "Hakahana," "Deur Die Reen," "Lisensie" en
“VERE” is nou op alle stromingsdienste beskikbaar, en die musiekvideo
vir "Lisensie" is 'n moet kyk!
Franja is 'n baie musikale individu wat 'n verskeidenheid instrumente
bemeester, insluitend dromme, baskitaar, akoestiese kitaar, en
mondfluitjie. Sy is ook aktief betrokke by die vervaardiging van musiek in
die ateljee.
Sy het baie nuwe musiek op pad in 2025 en sal verder as vervaardiger in
die ateljee werk vir haar eie en ander sangers se opnames en verwerkings
aan die produksiekant.
Entrance: The entrance fee is JUST R5 per person!
Date: 22 December 2025
Information: Time: Between 14h00 – 16h00! Manie Jackson, top performing artist, with numerous gold,
triple gold, platinum and double platinum discs. He has received more
than 50 Awards including SAMA, Ghoema, Udo Jurgens Award, Engelbert
Humperdinck, and various other awards during his career. He
is very much in demand around the Country and also does Overseas appearances He sings Afrikaans, Gospel, Country, and has a very wide
repertoire of music. Excellent entertainment for the whole family.
Entrance: The entrance fee is JUST R5 per person!
Date: 23 December 2025
Information: Time: Between 14h00 – 16h00! Ivan
Roux is 'n multi-platinum sanger en liedjieskrywer wat sy
musikale reis begin het deur in klein kroeë op te tree. In 2018
het hy tweede geëindig in die eerste seisoen van die realiteitsreeks
Die Kontrak en die res is geskiedenis. Met
verloop van tyd het Ivan homself tot groot arenas, korporatiewe
funksies, en verskeie ander groot feeste opgewerk. Sy
talent het hom ook al op toere na onder meer Dubai, Egipte,
Australië, en Nieu-Seeland geneem. Sy passie vir musiek
en energieke optredes is aansteeklik en kry enige gehoor
op hul voete. Sy gemaklike persoonlikheid maak hom
iemand wat baie geliefd is in die Afrikaanse bedryf. Ivan
se belangstellings strek veel verder as musiek; hy geniet
alle sporte, buitelug aktiwiteite en enigiets wat die adrenalien
behoorlik laat pomp. Alhoewel baie mense hom net
met Afrikaanse musiek assosieer, het hy ‘n diepgewortelde
passie vir Country musiek. Sy vroeë optredes
het sy veelsydigheid geslyp, wat hom ‘n gesoute entertainer
maak wat moeiteloos tussen Oldies, Rock, Country
en Pop kan beweeg. Ivan
is ook baie gewild op TikTok waar hy sy eie weergawe van
van die grootste liedjies van oral oor doen - so gaan loer gerus.
Hy het verskeie suksesvolle enkelsnitte vrygestel, insluitend
treffers soos "Daai Ding," “Doenit Als Vir Liefde,” "Laatnag
Gedagtes," "Opsoek Na Liefde," "Lipstick," en meer. Die
enkelsnit, “Morsig” wat in 2024 vrygestel is op die hakke
van sy country album getiteld, “About Last Night” het
beindruk en sy nuwe Afrikaanse enkelsnit, “Spoeg Die
Pitte Uit” gaan beslis aanhangers aan die partytjie
kry.
Entrance: The entrance fee is JUST R5 per person!
Date: 24 December 2025
Information: Time: Between 13h00 – 15h00! Jakkie Louw (born 20 May 1979 in Oudtshoorn) is a South
African singer, songwriter and actor. He attended D.F. Malan High School,
matriculated and thereafter studied B.Com at the University of Stellenbosch. He
is known for hits such as "Drie Pikkewyne", "Bamboesbos ",
"Gemaak in SA", "Voshaarnooi" and the
"Hoendersong". On his album “Gemaak in SA” he had a big hit with "Een
miljoen woorde". He also performs with Kevin Leo under the stage name
Jakkals en Leo. Already in high school, he founded the music group Stone
Analysis with Viljoen Retief, Christiaan Wood and Colin Johnson. He started as
a musician in Stellenbosch and later moved to Pretoria. In those years he sang
hits like "Rambo die polisiehond" and "Bottel Tas". Louw is
the author of the book “Liedjieskrywer 101”, in which he teaches people how to
write songs and work with rhythm and rhyme. He dedicated the book to his
father, Nico Louw. In 2018, Jakkie launches his children's story book,
Felias en Pokkel.
Entrance: The entrance fee is JUST R5 per person!
Date: 26 December 2025
Information: Time: Between 14h00 – 16h00! Arno Jordaan is in Port Elizabeth gebore en het aan die Hoërskool Brandwag as
onderhoofseun gematrikuleer. Sy se groot belangstelling toe, was rugby en het hy die
Oostelike provinsie verskeie kere by die Cravenweek verteenwoordig.
In 2003 het Arno en sy sangmaat, Susan mense laat regop sit met hulle vertoning in die
Kyknet Zing realiteits-sangkompetisie. Suid-Afrika het begin kennis neem van die blondekop
hartebreker wat nie net kan sing nie maar ‘n ware “entertainer” is wat harte steel. Arno en
Susan het die land vol getoer. Musiek het die oorhand gekry en Arno het sy rugbyskoene in
die kas gepak en sy musiekloopbaan volstoom aangepak.
Met sterre in sy oë het hy sy eerste solo-album “Altyd” uitgereik. Die debuutalbum het soos
soetkoek verkoop en Arno het nog talle aanhangers gewerf. Sy droom het pas begin…
Hy het begin skouers skuur met Steve Hofmeyr, Dozi en talle ander bekendes. Dit was veral
vir hom ‘n eer om ‘n verhoog met die internasionale groep “Smokie” te deel.
Arno is nie net ‘n bekwame sanger nie, maar tree ook as seremoniemeester by verskeie
geleenthede op. Sy tweede album “Ek Wil Jou Hê” het gevolg en meer as 40 000 eenhede
(platinumstatus) verkoop.
‘n Groot hoogtepunt in Arno se musiekloopbaan, was toe hy in 2007 genooi is om deel te
wees van die Internasionale Rugby arena, waar hy by meer as 6 geleenthede die Nasionale
Volkslied moes sing by rugbytoetse waartydens die Springbokke gespeel het.
Daarna was hy besig om SA plat te reis met optredes en as gevolg hiervan, moes hy twee
geleenthede na Australië en Engeland van die hand wys om daar die volkslied te sing.
Hy was ook die uitgesoekte kunstenaar wat die temalied, “The Time Is Now” vir die
Wêreldbeker gesing het in daardie jaar. Aan die einde van 2017 was Arno Jordaan reeds
bekend as ‘n huishoudelike naam en net te dankbaar vir soveel geleenthede. Daarna was hy
genooi om deel te wees van die 10-jarige bestaan van SKOUSPEL wat in Sun City aangebied
is.
Sy vierde album, “Gee My” is uitgereik en het binne die eerste dag van vrystelling goue
status (20 000 eenhede) behaal en slegs ‘n paar maande later gespog met meer as 40 000
eenhede verkoop. “Gee My” is selfs vir ‘n SAMA-toekenning benoem. Sy vyfde album
“Stukkie Van Jou Hart” het ook goue status behaal en het hy sy lyf in 2013 akteur gehou vir
die treffer Afrikaanse musiekrolprent, “As jy Sing” saam met ander sterre soos Bobby van
Jaarsveld, Karlien van Jaarsveld, Bok van Blerk en Robbie Wessels.
Arno het homself verder akteur gehou saam met Neels van Jaarsveld in kykNET se
Silwerskermfees Kortfilm “BEN SE BEGRAFNIS”, wat weer bewys het dat hy beslis nog
daardie talent het.
Intussen het hy kragte met Coleske Artists gesmelt en voorheen as deel van die gewilde
Afrikaans is Groot span en konsert ook die verhoog gedeel met van Suid-Afrika se grootste
kunstenaars, insluitende Theuns Jordaan, Juanita du Plessis, Bobby van Jaarsveld, Riana Nel
en nog vele meer!
Sy album, “As Jy Hier Is” het in September 2015 ook goue status bereik. Van die land se
grootste liedjieskrywers soos Johan Oberholzer, Ewald Coleske en Christoph Kotze het
treffers vir daardie album neergepen. Die musiekvideo van “As Jy Hier Is” het reeds meer as
465 000 kyke en Arno is tans besig om hard te werk aan sy nuwe album wat eersdaags op
die rakke sal wees.
“Die Eerste Keer” is die eerste enkelsnit vanaf sy nuwe album wat binnekort vrygestel word.
Arno is oor die jare gevestig as ‘n huishoudelike naam in die vermaaklikheidsbedryf en
beloof om nog vir baie jare goeie musiek uit te bring. Arno is baie opgewonde oor alles
waarmee hy besig is en dankbaar vir die Coleske Artists wat ‘n pad saam met hom stap.
Daar is GROOT dinge wat nog oppad is. Die enkelsnit se musiekvideo is ook verfilm met
bekende gesigte, Mila Guy en Deanre Reiners, wat die liefdesverhaal vertolk. Hierdie video is
beskikbaar op Youtube.
Saam met sy befaamde platemaatskappy en ongelooflike liedfjieskrywers beloof hy om sy
beste album nog uit te bring. Na meer as 13 jaar in die musiekbedryf is Arno Jordaan steeds
een van Suid-Afrika se gunsteling kunstenaars en met sy energieke optredes en saamsing
treffers beloof hy om die land nog vir jare vorentoe aan die sing te hou!
Maar deesdae hou hy ook sy lyf stigter van die Boobaloo expo, een van die grootste baba en
kleuter expo wat Time Square Sun Arena al ooit gesien het. Maart 2018 was die heel eerste
een wat gehou was en met groot sukses! Hulle is alreeds sterk oppad met die belanning vir
2019 se expo. Hou Arno Jordaan dop. Dit lyk daar is niks wat hy nie kan doen.
Entrance: The entrance fee is JUST R5 per person!
Date: 27 December 2025
Information:
Entrance: The entrance fee is JUST R5 per person!
Date: 28 December 2025
Information: Time: Between 14h00 – 16h00! Dirk van der Westhuizen is 28 Desember terug by East Rand
Traders met sy nuwe enkelsnit "Koekamakranka". Kom geniet 'n
energieke live show deur een van Suid Afrika se bestes - met treffers soos
"Gooi Jou Suiker Op My" , "Sexy Vi My" , "Die Tennis
Tune" en soveel meer! Jy wil nie hierdie een misloop nie!
Entrance: The entrance fee is JUST R3 per person!
Date: 29 December 2025
Information: Time: Between 14h00 – 16h00! Armand Joubert is an award-winning South African singer and
songwriter, known for his unique voice and captivating stage persona. With a
repertoire spanning multiple genres, including Pop and Afrikaans music, Armand
continues to captivate listeners with his unique blend of cultural influences
and musical innovation. Armand made his debut on The Voice South Africa after
captivating the country with his powerful voice. Armand is now an artist in his
own right with hits such as Met Jou Klere Af, Hande Op My Lyf, Vas Hou and many
more. He has reached over 7.6 million streams across streaming platforms in
2025.
Entrance: The entrance fee is JUST R3 per person!
Date: 30 December 2025
Information: Time: Between 14h00 – 16h00! PC
Vermaak is nie ‘n onbekende naam in die musiekbedryf nie. Hy is ‘n ervare
kitaarspeler vir kunstenaars soos Irene-Louise van Wyk en Barto. Maar, nou
slaan PC die rigting in as solo kunstenaar met sy eerste enkelsnit “Bars En
Laat Aande”
Entrance: The entrance fee is JUST R3 per person!
Date: 31 December 2025
Information: Time: Between 12h30 – 14h30! Jay Morgan is gebore 09 Junie 1994 en kom oorspronklik vanaf
Germiston Gauteng hy het n baie moeilike kinder lewe gehaat en het
in kinderhuise groot geword en het op die ouderdom van 6 sy passie
vir sang en musiek ontdek. Jay Morgan is n onafhanklike Sanger en
werk elke dag baie hard aan sy loopbaan. Jay Morgan vorm ook deel van die Bitter lekker,
Rug teen Rug en Ontbyt sake span.
Jay Morgan roer hartsnare met ‘n vars, moderne & oorspronlike Afrikaanse Liefdesliedjies.
Jay Morgan is ‘n jong verskietende ster van Delmas. Sy dagboek is aan die brand want die
SA publiek hou van hierdie donkerkop se aantreklike verhoog persoonlikheid en ‘pop’ reg
stem wat elke noot raakslaan. Jay Morgan bewys dat hy het wat dit vat om die pad na sukses
te stap. In 2021 wen hy ‘n medalje toekenning by die nasionale Afri-Indie
Musiektoekennings vir ‘Nuweling van die jaar’. In 2022 wen hy ‘n sertifikaat toekenning
weereens by die nasionale, jaarlikse Afri-Indie Musiektoekennings vir sy elektroniese dans
musiek oorspronklike enkelsnit “Neon ligte’.
Hy gebruik die lewe se hoog- en laagtepunte wat hy saam met sy vrou op die pad na drome
ervaar as inspirasie. Sy staan hom by deur die sonskyn en storms en haar liefde is dus sy
anker.
Jay Morgan was ook al bevoorreg om saam ander groot name op te tree by lewendige
vertonings soos Dirk Van Der Westhuizen, Ivan Roux, Dodo, Elandré en Neil Somers om
net n paar te noem.