Entrance: The entrance fee is JUST R5 per person!
Date: 29 August 2026
Information: Time: Between 14h00 – 16h00! Deon
Groot is n begaafde musikant wat bekend is vir liefdjies soos 'Wyn' en 'Bietjie
Liedjie'. Sy passievolle benadering tot musiek word oorgedra in sy werk deur
kreatiwiteit, storie vertelling en emosionele diepte. Sy
liedjies handel dikwels oor die alledaagse lewe, liefde, hoop en menslike
ervarings. Temas waarmee luisteraars maklik kan identifiseer. Deon
se talente strek oor verskeie genres, van kontemporêre Afrikaanse musiek tot
instrumentale komposisies, en hy eksperimenteer graag met nuwe style en klanke
om sy artistiese visie uit te druk. Deon
Groot is ’n musikant wat nie sy sukses maklik gekry het nie. Die pad in die
musiekbedryf was vol uitdagings, struikelblokke en teleurstellings. Daar was
tye toe dit gevoel het asof deurbrake ver buite bereik was, en dat elke poging
net ’n nuwe hindernis gebring het, maar Deon het nooit sy drome laat vaar nie.
Hy glo sterk dat opgee nooit ’n opsie is nie en dat passie, volharding en harde
werk uiteindelik beloning bring. Deon
se musiek dra nie net emosie en kreatiwiteit nie, maar ook die boodskap dat
sukses nie oornag gebeur nie. Deon
Groot weet dat sy prestasies nie net aan homself te danke is nie. Agter elke
liedjie het sy ouers hom motiveer en herinner dat sy drome haalbaar is. Elke
naam dra n storie, en Deon Groot vereer sy naam op aan sy pa en naam genoot,
Groot Deon.
Entrance: The entrance fee is JUST R5 per person!
Date: 30 August 2026
Information: Time: Between 14h00 – 16h00! Nicholis vier in 2023, 20 jaar as professionele kunstenaar
in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf. Hy word gekenmerk aan energieke musiek, en
selfs meer energieke lewendige vertonings. Deur die jare het hy bekend geraak
as een van Suid-Afrika se mees veelsydige kunstenaars, en die volgende
liedjies, onder andere, het diep spore in die geheues van die Suid-Afrikaner
getrap: ALBUM VERKOPE: Rondom 650 000 eenhede, waaronder: TOEKENNINGS: In 2012 word die groep, “4Werke”, gestig, met Nicholis as
deel daarvan. Die groep spog met 3 Goue status albums, en is bekend vir
treffers soos: In 2013 word Nicholis een van die 5 oorspronklike KRONE
kunstenaars. Hierdie vertoning het gegroei tot monumentale status, en het in
2023 by Loftus gebeur, met rondom 35 000 mense wat dit bywoon. SKAKELS: https://youtu.be/gtxR8wg_i6o?si=o3hSZVgyCmFB4CK5 https://youtu.be/y_NrJR63Hck?si=SagktD2siuUWn4aJ
Entrance: Free Entry!
Date: 30 August 2026
Information: 11h00 – 12h00: Face Painting 12h00 – 13h00: Paint and colour your own pencil bags to take home.
Entrance: The entrance fee is JUST R3 per person!
Date: 05 September 2026
Information: Time: Between 14h00 – 16h00! Shakira
Peach, ‘n opkomende ster in Afrikaanse musiek, is gereed om los te breek. Met
‘n vars en kreatiewe benadering tot liedjieskryf, sal Shakira luisteraars van
die heel eerste noot aangryp. Haar magnetiese stemtoon trek jou in met elke
liriek en melodie-hoek. enkelsnitte: Disco Spook Lewe
Vir Jou Alles
Vir n Oomblik met PC Vermaak
Entrance: The entrance fee is JUST R5 per person!
Date: 06 September 2026
Information: Time: Between 14h00 – 16h00! ADAM
is al lank genoeg in die musiekbedryf om van beter te weet… maar op een of
ander manier doen hulle dit steeds nie. Sedert
Hugo Ludik ADAM in 2009 gestig het, het die groep ’n indrukwekkende versameling
goue albums, Ghoema-toekennings, ’n SAMA, verskeie nommer-een-treffers op radio
en ’n gesonde versameling liedjies bymekaargemaak wat gehore steeds woord vir
woord saam kan sing. Dit
sluit gunstelingliedere in soos Liefde Soldaat, Hoogtevrees, Huurvry, Goud,
Kasteel, Smoorverlief en Sal Oorlog Vir Jou Maak — die temalied van die
Afrikaanse rolprent Pad na jou Hart, wat ook met ’n Ghoema-toekenning vir Lied
van die Jaar bekroon is. Die
huidige vertonings bring Hugo Ludik, Christoff de Beer en Nicholas Jordaan
saam. Die drie sangers, liedjieskrywers en musikante spog met ’n ongelooflike
hoeveelheid jare in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf. Hugo
het ADAM in 2009 gestig, Christoff is al vir jare deel van die ADAM-familie,
terwyl Nicholas, die nuutste lid, ook bekend is as deel van Rubber Duc en
Bosduif. Maar
vergeet van die CV, want ’n ADAM-vertoning gaan eintlik oor groot liedjies,
driestemmige harmonieë, stories, verskriklike grappies, versoeke wat hulle dalk
later sal berou, en drie volwasse mans wat hul absolute bes probeer om nie soos
volwasse mans op te tree nie. Kom
sing saam. Hulle
gaan waarskynlik ook.
Entrance:
Date: 12 September 2026
Information: Time: Between 14h00 – 16h00! Met
haar borrelende persoonlikheid, kenmerkende stem en natuurlike
verhoogteenwoordigheid bring Geraldene Van Dyk ’n vertoning wat energie, emosie
en egtheid op een verhoog saambring. Haar musiek beweeg gemaklik tussen Rock,
Pop, Country en Afrikaans, terwyl sy ook bekende Engelse treffers met haar eie
unieke aanslag vertolk. Geraldene se liefde vir musiek is nie iets wat later in
haar lewe ontstaan het nie — musiek was van kleins af deel van wie sy is. Op
die ouderdom van 14 het sy haar eerste tree op die verhoog gegee, en dit was
daar waar sy besef het dat musiek nie bloot ’n talent is nie, maar ’n passie
wat sy met ander mense wil deel. Een van die belangrikste hoofstukke in haar
musikale reis is die besondere verhouding met haar ouma, wat van die begin af
saam met haar die pad gestap het. Sy het Geraldene se optredes gereël, klank
behartig en saam met haar gereis. Van verhoog tot verhoog en van dorp tot dorp
het hulle saam geleer, gegroei en Geraldene se droom gebou. Hierdie besondere
ondersteuning vorm steeds ’n kosbare deel van haar storie. Om haar natuurlike
talent verder te ontwikkel, het Geraldene vokale opleiding ontvang by die
bekende Dirk van der Westhuizen, asook by Rea Le Roux. Hierdie opleiding het
haar gehelp om haar stem, selfvertroue en professionele benadering tot optrede
verder te ontwikkel. Deur die jare het Geraldene haarself ontwikkel as ’n
veelsydige kunstenaar wat haar gehoor nie net wil vermaak nie, maar iets wil
laat voel. Of dit nou ’n energieke Rock- of Country-vertoning, ’n nostalgiese
Afrikaanse gunsteling, ’n Engelse klassieke treffer of haar eie oorspronklike
musiek is — sy bring elke lied met oorgawe en persoonlikheid na die verhoog.
“Sy sing nie net ’n lied
Entrance: The entrance fee is JUST R3 per person!
Date: 13 September 2026
Information: Time: Between 14h00 – 16h00! Onike is a South African artist whose music is rooted in emotion, storytelling and the people
who have shaped her. From Marble Hall, Limpopo, her love for music began at a young age,
inspired by her father, who played instruments himself and showed her the beauty of music
and the stories it can tell.
Since 2017, Onike has been building her career as an independent artist with passion,
determination and a genuine love for what she does. Her music explores love, life, family and
the moments that make us human.
For Onike, music is more than just a song. It is about connection, being unapologetically
yourself, and creating a moment where someone listening feels seen, valued and loved.
With her own stories, a gentle spirit and a determination to never give up, Onike dreams of
making a lasting mark on the music industry — from radio and festivals to major stages and
audiences beyond South Africa.
Entrance: The entrance fee is JUST R3 per person!
Date: 19 September 2026
Information: Time: Between 14h00 – 16h00!
Entrance: The entrance fee is JUST R3 per person!
Date: 20 September 2026
Information: Time: Between 14h00 – 16h00! Pieter
Pruis is ’n vars, energieke stem in Afrikaanse musiek — ’n jong kunstenaar met
ou-skool opregtheid, moderne energie en ’n klank wat moeiteloos tussen rou
emosie, rock-invloed en aansteeklike Afrikaanse pop beweeg. Pieter
het in Benoni grootgeword in ’n konserwatiewe huis, waar sy kinderjare gevul
was met visvang, buitelewe en al die avonture wat ’n seun se wêreld kleur gee.
In laerskool was rugby sy groot liefde: hy was kaptein van die A-span, eerste
skopper en is deur sy pa afgerig. Maar sy lewe het onverwags van koers verander
toe ’n kooronderwyseres hom in graad 6 gevra het om vir die koor te oudisie. Hy
het die Suid-Afrikaanse volkslied gesing — en van daardie oomblik af het musiek
sy pad geword. Kort
daarna het Pieter by die Ekurhuleni Kinderkoor aangesluit, waar hy waardevolle
verhoogervaring opgedoen het en selfs saam met die koor na die Koor-Olimpiese
Spele gereis het. Teen hoërskool het hy reeds begin optree en gigs doen, en op
net 16-jarige ouderdom het hy backing vocals vir bekende kunstenaars gedoen,
onder meer vir Kurt Darren se treffer “Die 80’s” by Select Musiek. Dit was ’n
bepalende ervaring wat sy oë oopgemaak het vir die musiekbedryf en sy droom
versterk het om self as kunstenaar sy plek in die industrie te vestig. Wat
Pieter se storie besonders maak, is dat hy nie uit ’n musikale familie kom nie.
Sy talent en liefde vir musiek het organies begin — by daardie een kooroudisie
— en gegroei tot ’n passie wat vandag sy loopbaan dryf. Hoewel
Pieter dikwels stylvol en netjies voorkom, beskryf hy homself as ’n gewone ou
wat hou van visvang, quad bike ry en die eenvoudige dinge in die lewe. Dit is
juis hierdie kombinasie van gewone menswees en natuurlike verhoogpersoonlikheid
wat hom so toeganklik maak. Sy musiek dra dieselfde eerlikheid: dit is
energiek, opreg en soms diep persoonlik. Sy
grootste musikale invloede kom uit 80’s rock, met kunstenaars en groepe soos
Mötley Crüe en Nirvana wat sy liefde vir kragtige musiek gevorm het. In die
Afrikaanse musiekwêreld luister hy graag na kunstenaars soos Elandré en
Spoegwolf. Hierdie invloede kom deur in sy eie klank: ’n mengsel van emosionele
lirieke, melodiese pop en ’n rock-geïnspireerde energie wat hom van ander jong
Afrikaanse kunstenaars onderskei. Pieter
skryf dikwels oor liefde, verlange, onsekerheid en emosies wat moeilik is om
hardop te sê. Vir hom begin ’n liedjie altyd by die woorde. Sy lirieke kom
dikwels op onverwagse plekke — veral soggens wanneer hy voor werk by die dam
gaan sit. Dit is daar, in stilte en alleenwees, waar baie van sy idees vorm
aanneem. Sy
debuutenkelsnit “Dis Net Jy” het hom aan die Afrikaanse musiekmark bekendgestel
as ’n jong kunstenaar met humor, sjarme en ’n vars benadering tot
liefdesliedjies. Daarna het hy voortgebou met liedjies soos “Hou My Vas”,
“Praat En Praat” en “Oomblik Soos Nou”, wat wys hoe hy as kunstenaar groei —
van speelse jong liefde tot meer emosionele en volwasse temas oor vertroue,
misverstande, hoop en hartseer. ’n
Groot deurbraakmoment in Pieter se loopbaan het op sosiale media gekom. Sy
eerste TikTok, wat hy op 3 Junie 2025 geplaas het, het meer as 72 000 kyke
gekry. Bekende kunstenaars soos Logan Pietersen, Tino, Brendan Peyper, Elandré,
Hendre Baard, Gian Groen, Juan Boucher en Nicholis Louw het op sy video’s
kommentaar gelewer — ’n duidelike teken dat die bedryf begin kennis neem het
van sy talent. Kort
daarna is Pieter op die ontbytprogram “Goeiemore Good Morning” uitgelig as deel
van ’n segment oor TikTok-sangers. Sy optrede en natuurlike sjarme het so ’n
indruk gemaak dat CoolerBox Records hom raakgesien en later ’n kontrak
aangebied het. Hy het die groot nuus weer op dieselfde program gedeel, met
opregte dankbaarheid teenoor die mense wat eerste in hom geglo het. Vandag
bou Pieter Pruis doelgerig aan sy plek in Afrikaanse musiek. Met sy sielvolle
stem, eerlike lirieke, unieke rock-pop-aanvoeling en natuurlike
verhoogteenwoordigheid, mik hy daarna om op die grootste verhoë in Suid-Afrika
te staan — saam met van die land se topkunstenaars. Vir
Pieter gaan musiek egter oor meer as net beeld of roem. Hy wil hê sy liedjies
moet mense raak. Hy wil hê gehore moet saam sing, saam voel en hulself in sy
musiek herken. Pieter
Pruis is die perfekte kombinasie van moderne energie en ou-skool opregtheid —
’n jong kunstenaar met ’n groot stem, ’n groter droom en ’n storie wat nog maar
net begin het.
Entrance: The entrance fee is JUST R3 per person!
Date: 24 September 2026
Information: Time: Between 14h00 – 16h00! Lu-Anél
is a multi-award-winning South African recording and performing artist and
songwriter from Gauteng, known for her powerful vocals, warm personality and
undeniable stage presence. Often described as “dynamite in a small package,”
Lu-Anél began performing professionally at a remarkably young age and has since
built an impressive career spanning live performance, recording, radio,
television and entertainment. Her
recording journey began with her debut album, My First Step, released in 2019.
The 13-track album featured carefully selected cover versions and was
exceptionally well received. Later that year, she released her first original
solo single, Moedershart, which became the title track of her second album,
released in May 2021. The album featured an extensive collection of original
music and showcased her growth as a young recording artist. Over
the years, Lu-Anél has achieved numerous national competition titles and
awards, including overall victories in competitions such as Talent Africa,
PACISA and Euro Sing, while also qualifying on multiple occasions to represent
South Africa internationally. She has received numerous Afri-Indie Music Awards
across several categories and has achieved repeated No. 1 positions on South
African FM radio charts. Her
success extends into the digital space, with her performance of Grandpa
surpassing 15 million views, highlighting the powerful connection her
performances have established with audiences online. Lu-Anél
has also built a strong live-performance career, performing at events and
alongside established South African artists. She recently joined the Barnyard
Theatre cast on a temporary basis, further expanding her experience as a
professional live entertainer. In
2025, after completing school, Lu-Anél began studying Music Production and
Sound Engineering part-time, allowing her to continue performing while
developing her skills as both an artist and a music professional. In
2026, Lu-Anél released Ek en Jy Bly Oor, which quickly became one of the
highlights of her growing catalogue. The single was selected as the May 2026
BitterLekker release on kykNET/ontbytSAKE, reached No. 1 on Bosveld Stereo’s
Afrikaans Top 20, and its music video surpassed 32,000 views within two months.
The song has also been nominated for an ontbytSAKE award, with the gala event
scheduled for September 2026. Beyond
recording, songwriting and performing, Lu-Anél is also an experienced MC and
motivational speaker. She regularly performs at functions and events of all
sizes and is passionate about giving back to the community through
collaborations with various NPOs. Lu-Anél
is the official face of DuVos Designs and Kryolan East Rand. With
her powerful voice, versatility, infectious energy and genuine connection with
audiences, Lu-Anél continues to establish herself as one of South Africa’s
exciting young independent artists — both on stage and in the recording studio. Her
music is available across all major digital streaming platforms, with her
releases receiving airplay on FM radio stations throughout South Africa.
Entrance: The entrance fee is JUST R5 per person!
Date: 26 September 2026
Information: Time: Between 14h00 – 16h00! Personal information: Born:
16 August 1970, Durban KZN Full name:
Philip Botha Nickname:
Guppy; became his stage name in 2005; written phonetically GHAPI Primary school:
Laerskool Donkerhoek High school:
Hoër Tegniese Skool John Vorster Sport:
Rugby, athletics, cricket Tertiary education:
Electronic engineering,
Technikon Pretoria Music career: Instruments: Voice, drums, piano,
harmonica Age 10:
Started playing drums Age 11:
Started playing piano Age 13:
Started playing in their family band Love Corporation 1989:
The three Botha brothers started the band Georgia 1997 – 1999
Georgia formed part of Mel Botes’ theatrical production David’s Confession 2004
The brothers decided to pursue solo careers 2005 –
current
GHAPI sees the light Influences: Elvis Presley Creedence Clearwater Revival Van Halen Toto Phil Collins Bon Jovi Products: 1989
Georgia
Georgia 1996
Georgia
Sell Out 1998
David’s Confession About Time 2001
Georgia
Langpad 2003
Georgia
Half 2005
Ghapi
In die diepkant in 2006
Ghapi
In die diepkant in DVD 2008
Ghapi
Wie ek is… 2009
Ghapi
Rock it! 2010
Unlimited ft Ghapi
Unlimited 2012
Ghapi
Ek soek (single) 2013
Ghapi
III 2018
Various
Die Gelofte Ghapi features on various compilation and collaboration
albums International performance: Afghanistan Amsterdam Bahrain Bali Botswana DRC Dubai Istanbul London Mozambique Namibia USA Fort Lauderdale Florida USA Georgia Atlanta USA Houston Texas Zambia Zimbabwe
Entrance: The entrance fee is JUST R5 per person!
Date: 27 September 2026
Information: Time: Between 14h00 – 16h00! Ruan Josh is 'n veelsydige kunstenaar met 'n loopbaan wat
reeds meer as 15 jaar in die plaaslike musiekbedryf strek. Hy is
bekend as 'n sanger, akteur, aanbieder, boer en besigheidsman -
sy bydraes tot die Suid-Afrikaanse kultuurlandskap is indrukwekkend.
Sy debuutalbum, "Eggo" (2017), het goue status bereik en hy het
verdere sukses behaal deur sy deelname aan die Du Plessis-familie
trio se albums "Kaalvoetkinners" (2017) en "Sing Country" (2021).
Ruan het ook produksiewerk gedoen vir gewilde vertonings soos
Krone (2018, 2020) en Afrikaans is Groot (2013-2015). Sy aanbieding
van "Klein Begin" (2018) op SABC 2 het sy veelsydigheid as 'n
kunskenner onderstreep.
Een van Ruan se eerste hoogtepunte was sy wen van die "Beste Byspeler"
in Suid-Afrika by die ATKV Tienertoneel in 2008 as deel van Hoërskool
Die Wilgers se verhoogensamble. Hierdie vroeë erkenning het die weg
gebaan vir sy sukses in die bedryf.
Sy suksesvolle enkelsnit "Provider" in 2020 het meer as 2 miljoen kyke
op YouTube en het mense tydens die uitdagende tyd van die Covid-19
pandemie bemoedig. Hierdie treffer is gevolg deur "Go Rest High on
That Mountain," wat die land vertroos het tydens moeilike tye van verlies.
In 2021 het Ruan die publiek verras met die vrystelling van "Verlore,"
'n liedjie wat hy self geskryf het saam met sy suster, Franja du Plessis.
Hierdie liedjie illustreer sy veelsydige talente as 'n sanger en liedjie-
skrywer en het 'n boodskap van hoop en liefde vir die luisteraars
gebring.
Ruan is 'n kunstenaar wat sy passie vir musiek koppel aan sy geloof,
en hy glo vas aan die helende krag van musiek. Sy liefde vir Jesus
Christus is 'n deurslaggewende invloed op sy lewe en sy kuns.
Die "Sing Country"-album saam met Juanita du Plessis en Franja
du Plessis het gevolg, asook sy Kersfees-enkelsnit "Jingle Bell Rock."
Meer onlangse vrystellings is die enkelsnitte "Ek Sukkel," "Vat Die
Houe," en die duet "Net Hier Bly" saam met Franja du Plessis. Sy volle
album "Wysers" is in 2024 bekendgestel.
In 2024 het hy ook die Via-reeks, Wie Was Dit? Gewen.
2025 is daar nuwe kuiertreffers asook ‘n gospel album op pad en ‘n
verrassing of twee.
Entrance: The entrance fee is JUST R3 per person!
Date: 03 October 2026
Information: Time: Between 14h00 – 16h00!
Entrance: The entrance fee is JUST R5 per person!
Date: 04 October 2026
Information: Time: Between 14h00 – 16h00!
Touch of Class: A Musical Journey Through Generations Touch of Class Music has been a trusted and beloved name in
the South African music industry for decades, earning its place as a stable
brand in households across the country. While evolving with changing musical
trends, the group has consistently maintained its signature sound and broad
appeal, connecting effortlessly with audiences of all ages. The duo, consisting of founder and guitarist Deon van der
Merwe and vocalist Gary Forewood, brings experience, passion, and authenticity
to every performance. Deon reflects on his remarkable journey with gratitude:
“So far, it has been a truly fulfilling journey. If someone asked me tomorrow
to choose my dream career, I would unhesitatingly reach for my guitar again!” For Gary, music goes far beyond a career — it defines him.
As he puts it: “Music is not what I do; it’s who I am.” Together, Touch of Class continues to inspire, entertain,
and create timeless musical moments that resonate across generations.
Entrance: The entrance fee is JUST R3 per person!
Date: 10 October 2026
Information: Time: Between 14h00 – 16h00! Skemer - South Africa's Rising Country-Pop Duo In the vibrant South African music scene, Skemer stands out with a sound that blends country, Afrikaans, and pop into something unmistakably their own. This husband-and- wife duo has built a reputation for heartfelt songwriting, powerful harmonies, and high- energy performances that connect with audiences of all ages. A Journey Built on Music Skemer's story began online, where two musicians discovered a shared artistic vision. Combining their styles and strengths, they forged a unique sonic identity that continues to grow with every release. Their evolution is driven by dedication to their craft and a passion for telling real stories through music. A Proven Track Record Over the past eight years, Skemer has performed at more than 500 shows across South Africa, building a loyal fanbase through authentic live performances and consistently strong releases. With eight singles already available, the duo has firmly established themselves as a rising force in the industry. A New Chapter with Select Music Skemer recently signed with Select Music, marking an exciting new phase in their career. Their first official single under the label, Stroomop, was released at the end of February 2026 and is already making waves, setting the tone for even bigger things ahead." Be Part of the Skemer Journey Follow Skemer on social media to stay updated on new releases, upcoming shows, and behind-the-scenes moments from their musical journey. The best is only beginning. Skemer
Entrance: The entrance fee is JUST R3 per person!
Date: 11 October 2026
Information: Time: Between 14h00 – 16h00! Logan
Pietersen is a storyteller at heart, using music to capture life’s emotions and
experiences. Born in Pretoria and raised in Naboomspruit, he fell in love with
music at a young age, writing his first song at fourteen. His journey has taken
him from small-town gigs to major festivals like Aardklop and KKNK, where he’s
built a reputation for his heartfelt lyrics and soulful performances. Through
personal loss and triumph, Logan’s music remains deeply personal. His single 3
Weke was a tribute to his late mother, while his latest release, Whiskey &
Water, Rooiwyn of Jy, delves into love, loneliness, and self-discovery. The
song’s rich metaphors and raw emotion resonate deeply, and its music video,
filmed at the historic Capitol Theatre, adds a timeless visual layer to the
story. Looking ahead, Logan is planning more performances, collaborations, and
even a possible tour. His mission is simple: to create music that heals,
connects, and leaves a lasting impact.
Entrance: The entrance fee is JUST R3 per person!
Date: 17 October 2026
Information: Time: Between 14h00 – 16h00! AFRIKAANSE KUNSTENAAR 'n Stem wat uit die hart sing Jay Morgan, gebore op 9 Junie 1994 in Germiston, Gauteng, is 'n talentvolle en toegewyde Afrikaanse kunstenaar wat sy passie vir musiek reeds op 'n jong ouderdom ontdek het. Ten spyte van 'n uitdagende kinderjare waarin hy in kinderhuise grootgeword het, het hy op sesjarige ouderdom sy liefde vir sang en musiek ontwikkel, wat die grondslag van sy loopbaan gevorm het. As onafhanklike sanger werk Jay daagliks met toewyding en deursettingsvermoë aan die uitbou van sy loopbaan in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf. Hy is ook deel van die Bitter Lekker-, Rug Teen Rug- en Ontbytsake-spanne, waar hy sy passie vir vermaak en musiek verder uitleef. Met sy vars, moderne en oorspronklike Afrikaanse liefdesliedjies raak Jay Morgan diep aan luisteraars se harte. Hierdie jong kunstenaar van Delmas het vinnig naam gemaak met sy aantreklike verhoogpersoonlikheid, sterk verhoogaanwesigheid en kenmerkende stem wat gehore landwyd beindruk. 2021 Sy inspirasie 2022 AFRI-INDIE Jay put inspirasie uit die hoogtepunte en AFRI-INDIE MUSIEKTOEKENNINGS uitdagings van die lewe wat hy saam met MUSIEKTOEKENNINGS NUWELING sy vrou beleef op hul reis na die VAN DIE JAAR verwesentliking van hul drome. SERTIFIKAAT VIR Haar onwrikbare ondersteuning deur tye NEON LIGTE van sonskyn en storms dien as sy anker en ORIGINELE ELEKTRONIESE bly 'n belangrike bron van motivering in DANSMUSIEK-ENKELSNIT) sy persoonlike en professionele lewe. Deur sy loopbaan was Jay ook bevoorreg om die verhoog te deel met bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars, Dirk van der Westhuizen, Deon Groot, Liani May, Fatman, Dusty Dixon, Desmond Wells, Monique Steyn, Ivan Roux, Dodo, Elandré en Neil Somers, om slegs 'n paar te noem. Met sy passie, talent en vasheradenheid bewys Fay Morgan steeds dat hy alles in hom het om 'n blywende indruk op die Suid-Afrikaanse musiektoneel te maak.
Entrance: The entrance fee is JUST R3 per person!
Date: 18 October 2026
Information: Time: Between 14h00 – 16h00! RUAN TENNANT | AMPTELIKE KUNSTENAARSBIOGRAFIE Vir
**Ruan Tennant** was musiek nog nooit bloot iets wat hy doen nie – dit is deel
van wie hy is. Met
’n loopbaan wat oor byna twee dekades strek, het Ruan hom gevestig as ’n
veelsydige Afrikaanse sanger en verhoogkunstenaar met ’n natuurlike vermoë om
met ’n gehoor te connect. Sy energie, persoonlikheid en liefde vir mense is net
so deel van sy vertonings soos die musiek self. Ruan
se professionele musiekreis het reeds in **2007** momentum gekry toe hy die
**Top 40 van SA Idols** gehaal het. In **2010** het hy verder naam gemaak as
een van die **Top 6-finaliste van Supersterre**, waar hy ook die toekenning vir
**Beste Verhoogpersoonlikheid** ontvang het – ’n eienskap wat vandag steeds een
van sy sterkste wapens op die verhoog is. In
**2011** is hy gekies as een van die voorprogramkunstenaars vir **Skouspel by
Sun City**, waarna hy in **2012** ook aan **SA’s Got Talent** deelgeneem het. Die
jare daarna het Ruan sy ervaring verder uitgebou deur regoor Suid-Afrika op te
tree, met skoolkore te werk en musiek vir verskeie skoolproduksies en revues
saam te stel. Dit het hom nie net as sanger gevorm nie, maar ook sy liefde vir
die skryf, ontwikkeling en aanbieding van musiek versterk. In
**2018** het hy sy eerste enkelsnit, **Wys My**, vrygestel. Die liedjie – en
later ook die remaster daarvan – het ’n nuwe hoofstuk in sy loopbaan begin
waarin oorspronklike musiek al hoe meer deel van sy identiteit as kunstenaar
geword het. Ruan
se verhoogloopbaan het hom ook na televisie geneem, met verskynings in onder
andere **7de Laan, Binnelanders** en **Musiek Paniek**. In **2021** was hy deel
van optredes rondom **Irene-Louise van Wyk**, waarna nog ’n groot
loopbaanhoogtepunt in **2022** gevolg het toe hy **Musiek Roulette** gewen het. Dieselfde
jaar is **Ek Voel Goed** vrygestel – ’n liedjie wat ’n besonder suksesvolle
hoofstuk in sy musiekloopbaan geword het en reeds meer as **230 000
Spotify-strome** bereik het. In
**2023** het Ruan ook op VIA se **KlankBank** verskyn, terwyl sy werk as
liedjieskrywer en kreatiewe medewerker hom verder binne die Afrikaanse
musiekbedryf gevestig het. **2025**
het ’n nuwe musikale era vir Ruan ingelui met die vrystelling van **Hoeka**
deur **David Gresham Records**. Die enkelsnit het ’n vars, moderne kant van sy
klank gewys en vorm deel van die nuwe rigting waarin hy sy musiek neem –
kommersiële Afrikaanse pop met energie, nostalgie, emosie en musiek wat gemaak
is om saam te sing. Maar
dit is op die **verhoog** waar Ruan werklik tuiskom. Of
dit ’n groot fees, restaurant, korporatiewe geleentheid, troue of intieme
funksie is, hy lees ’n gehoor vinnig en pas sy vertoning daarvolgens aan. Sy
repertoire beweeg gemaklik tussen bekende gunstelinge, Afrikaanse treffers,
internasionale musiek en sy eie oorspronklike materiaal. Hy glo ’n goeie
vertoning gaan nie net daaroor om die regte note te sing nie – dit gaan daaroor
om mense deel van die oomblik te maak. Daardie
liefde vir mense strek ook verder as sy eie loopbaan. Ruan is die stigter van
die sangkompetisies **The Singer** en **Die Stem**, platforms wat geskep is om
jong en opkomende talent die geleentheid te gee om hulself te ontwikkel,
verhoogervaring op te doen en hul eie drome na te jaag. Na
jare in ’n bedryf wat voortdurend verander, bly een ding dieselfde: **Ruan
Tennant leef vir musiek, mense en die verhoog.** Met
nuwe musiek, ’n vars artistieke rigting en jare se ervaring agter hom, is Ruan
nie besig om oor te begin nie – hy bou voort op alles wat hom tot hier gebring
het. **En
die volgende hoofstuk het eintlik nou eers begin.**
Entrance: The entrance fee is JUST R5 per person!
Date: 24 October 2026
Information: Time: Between 14h00 – 16h00! Amor Vittone is a celebrated South African artist, singer, actress, and motivational speaker.
Known for her dynamic presence and inspiring performances, Amor has captured the hearts of
audiences across the nation. She made history as the first presenter of the South African Lotto,
bringing her charm and enthusiasm to millions of viewers.
From her early days as a performer to becoming a household name, Amor's journey is one of
resilience, passion, and dedication. Amor has also made a mark in the acting world and as a
motivational speaker, inspiring countless individuals with her story and message of hope.
In her music career, Amor has achieved remarkable success, earning gold albums and CDs that
reflect her dedication and talent. Her contributions to the music industry have earned her a place
among South Africa’s most beloved entertainers.
Whether on stage, screen, or in front of an audience, Amor Vittone continues to be a beacon of
talent and inspiration.
Entrance: The entrance fee is JUST R5 per person!
Date: 25 October 2026
Information: Time: Between 14h00 – 16h00! Jakkie Louw (born 20 May 1979 in Oudtshoorn) is a South
African singer, songwriter and actor. He attended D.F. Malan High School,
matriculated and thereafter studied B.Com at the University of Stellenbosch. He
is known for hits such as "Drie Pikkewyne", "Bamboesbos ",
"Gemaak in SA", "Voshaarnooi" and the
"Hoendersong". On his album “Gemaak in SA” he had a big hit with "Een
miljoen woorde". He also performs with Kevin Leo under the stage name
Jakkals en Leo. Already in high school, he founded the music group Stone
Analysis with Viljoen Retief, Christiaan Wood and Colin Johnson. He started as
a musician in Stellenbosch and later moved to Pretoria. In those years he sang
hits like "Rambo die polisiehond" and "Bottel Tas". Louw is
the author of the book “Liedjieskrywer 101”, in which he teaches people how to
write songs and work with rhythm and rhyme. He dedicated the book to his
father, Nico Louw. In 2018, Jakkie launches his children's story book,
Felias en Pokkel.
Entrance: The entrance fee is JUST R5 per person!
Date: 31 October 2026
Information: Time: Between 14h00 – 16h00! 'n
Rudi Claase Produksie
Rudi Claase se gesondheid het sy musikale uitvoering vir die laaste 3 jaar diep
aangetas. Hy is egter terug en GROTER as ooit!
In sy nuwe vertoning, getiteld "Stemme", skyn die diverse fasette van
sy vokale vernuf en uitvoering op 'n nuwe vlak en hierdie blyk om een van sy
beste produksies ooit te wees.
Rudi stel sy eie treffers, waarvan meer as 800 al uit sy pen gevloei het, ten
toon en sy eie werk weef ongehinderd saam met ander se treffers aan 'n nuwe
musikale tapyt. Van die kunstenaars wie sy treffers sing sluit in: Juanita du
Plessis, Theuns Jordaan, Sonja Herholdt, Andriette, Kurt Darren en honderde
meer.
"Stemme" is 'n ervaring wat ou aanhangers opnuut sal verlief maak op
sy unieke styl en beloof om nuwe gesigte ewig by te bly!