Entrance: The entrance fee is JUST R5 per person!
Date: 09 August 2025
Times:
Information: Time: Between 14h00 – 16h00! Ivan Roux is 'n multi-platinum sanger en liedjieskrywer wat
sy musikale reis begin het deur in klein kroeë op te tree. In 2018 het hy
tweede geëindig in die eerste seisoen van die realiteitsreeks Die Kontrak en
die res is geskiedenis. Met verloop van tyd het Ivan homself tot groot arenas,
korporatiewe funksies, en verskeie ander groot feeste opgewerk. Sy talent het
hom ook al op toere na onder meer Dubai, Egipte, Australië, en Nieu-Seeland
geneem. Sy passie vir musiek en energieke optredes is aansteeklik en kry enige
gehoor op hul voete. Sy gemaklike persoonlikheid maak hom iemand wat baie
geliefd is in die Afrikaanse bedryf. Ivan se belangstellings strek veel verder as musiek; hy
geniet alle sporte, buitelug aktiwiteite en enigiets wat die adrenalien
behoorlik laat pomp. Alhoewel baie mense hom net met Afrikaanse musiek
assosieer, het hy ‘n diepgewortelde passie vir Country musiek. Sy vroeë
optredes het sy veelsydigheid geslyp, wat hom ‘n gesoute entertainer maak wat
moeiteloos tussen Oldies, Rock, Country en Pop kan beweeg. Ivan is ook baie gewild op TikTok waar hy sy eie weergawe
van van die grootste liedjies van oral oor doen – so gaan loer gerus. Hy het
verskeie suksesvolle enkelsnitte vrygestel, insluitend treffers soos "Daai
Ding," “Doenit Als Vir Liefde,” "Laatnag Gedagtes," "Opsoek
Na Liefde," "Lipstick," en meer. Die enkelsnit “Morsig”, wat in 2024 vrygestel is op die
hakke van sy country album getiteld “About Last Night”, het beïndruk, en sy
nuwe Afrikaanse enkelsnit “Spoeg Die Pitte Uit” gaan beslis aanhangers aan die
partytjie kry.