< < < Back


Willem Botha

Entrance:

The entrance fee is JUST R5 per person!

 

 

Date: 31 August 2025

Times:

Information:

Time: Between 14h00 – 16h00!

Willem Botha het sedert sy deelname aan Idols diep spore getrap as

sanger, akteur, TV-aanbieder, en onlangs ook met sy werk as fotograaf en

grimeerkunstenaar.

Hy vier vanjaar reeds sy agtiende jaar in die bedryf. Willem is iemand

wat nie maklik vergeet word nie. Met sy unieke stem en aansteeklike

persoonlikheid het hy ‘n plek in die harte van musiekliefhebbers regoor

die land verower.

Oor die afgelope paar jaar is sy musiek, vanaf sy vyf albums (Kô Ma

Hier, Sê My Nou, My Stem is Joune, Soen & Vergeet en ‘n Liefde Soos

Die), nie net met verskeie toekennings (Huisgenoot Tempo-toekenning

vir Beste Nuweling in 2007 en Fiëstas-toekenning vir Beste Aanbieder

2012) en nominasies (SAMA-nominasie vir Sê My Nou in 2010,

Huisgenoot Tempo- en Ghoema-nominasie vir My Stem is Joune in 2013)

vereer nie, maar het hy homself ook gevestig as akteur op die silwerskerm

(Liefling-Die Movie, Pretville), die kassie (Donkerland, Sterlopers) en

verhoog (Tree Aan, Reik Na Die Sterre, Altyd In My Drome). Hy hou ook sy

lyf aanbieder op Kwêla op kykNET en was ook op die Top 20 op kykNET

NOU! Hy skuif deesdae agter die kamera in, waar hy van die land se

grootste sterre afneem vir glanstydskrifte se voorblaaie.

Sy enkelsnit en musiekvideo, Een Shot, is ook bekendgestel en het

op verskeie radiostasies se ranglyste gepronk en bly steeds ‘n

gewilde liedjie vir ‘n naweek-kuier. Sy vyfde album,

‘n Liefde Soos Die, is in Februarie 2020 bekendgestel

en die titelsnit, ‘n duet saam met die talentvolle

Tarryn Lamb, het vinnig ‘n groot gunsteling

geword onder verliefde paartjies en ou

getroudes.

In 2022 stel hy sy eie grimeerreeks, Willem

Botha Beauty, bekend op die sukses van sy

uiters gewilde Willem Botha Make-Up

Masterclasses wat hy regoor die land aanbied

en vroue toerus met die selfvertroue en

tegnieke wat hulle soos ‘n superster laat lyk

en voel.

Hy was ook twee agtereenvolgende jare die

aanbieder van die kykNET Ghoema

Musiektoekennings wat regstreeks uitgesaai

is. Willem was ook die eerste Afrikaanse

kunstenaar wat in 2013 aan die Eurovision

Song Contest deelgeneem het. Hy was deel

van die span van Belarus en hulle het

deurgedring tot in die finaal. Meer as ’n

100-miljoen kykers het die finaal in 44 lande

gevolg.


Alhoewel hy reeds vandat hy 17 is profes-

sioneel besig is met musiek, het hy eers in


2006 regtig begin naam maak toe hy 2de

plek behaal het in die 1ste Afrikaanse

Idols-kompetisie. Hy het ook reeds opgetree

in onder meer België, Nederland, Luxemburg,

Swede en Dubai.

“Breek Op In Stereo,” “Soen & Vergeet,” “Swartskaap,” “Vat Oor By My Jesus” en “‘n Liefde Soos Die” kan

beskou word as van sy suksesvolste enkelsnitte, en eersgenoemde het reeds die nommer een posisie op

al wat ’n radiostasie is beklee. Sy nuutste enkelsnit "2010" het trefferparades oral beklee is 'n moet vir

enige naweek- of partytjiespeellys. Die musiekvideo is baie gewild op YouTube met 'n sterbelaaide

rolverdeling.