Entrance: The entrance fee is JUST R5 per person!
Date: 13 December 2025
Times:
Information: Time: Between 14h00 – 16h00! Hy is die stoutseun van Afrikaanse popmusiek wat enige partytjie behoorlik
aan die gang kry. Met ‘n lys treffers te lank om almal te noem is JAY oral
almal se liefling met sy ondeunde maar innemende persoonlikheid.
Dis al nege jaar sedert hy sy eerste solo album uitgereik het (Solo in 2010, #DisHoeOnsRol in
2013, So Lank Sal Ek Jou Liefhê in 2017) en byna elke uitreiking spog met platinumstatus vir
verkope.
Sedert hy in 2010 op sy eie paadjie vertrek het, eggo JAY se rekordsukses, ná Eden, in elke
projek wat hy aanpak. Of dit nou die indrukwekkende versameling duette met Lianie May is,
of die polsende ritmes, stemkwaliteit en bindende lirieke van sy eie materiaal, JAY se
perfekte balans van melodie en liriek waarborg weereens sukses, snit vir snit.
Hy is tans besig met beplanning vir ‘n nuwe solo-vrystelling later vanjaar na die duet
versamelalbum met Lianie May, Beste van J&L verlede jaar die rakke getref het.
Sy musiek is ook nou digitaal op iTunes en vir streaming op JOOX beskikbaar. Internetsukses
met meer as 3,7 miljoen kyke vir Le Bietjie Langer asook 1,7 miljoen kyke vir So Lank Sal Ek
jou Liefhe en ‘n allemintige 6,1 miljoen kyke vir Da Vat Hy bewys dat hy die partytjiekoning
in Afrikaans bly.
Met talle SAMA en Huisgenoot Tempo toekennings asook vyf platinum en drie
dubbelplatinum CD’s agter sy naam, hou JAY duidelik van goeie geselskap. Beide sy eerste
solo-albums en Bonnie En Clyde het meer as 40 000 eksemplare verkoop binne weke ná
vrystelling.
Of dit nou 2011 se rol as Jakes in die trefferfilm Platteland, sy marathon 14-jaar loopbaan
met Eden, of sy vele suksesse in die loop van die laaste ses vollengte albums en DVD
vrystellings is, JAY het sy naam verleen aan platinum, en in meeste gevalle, dubbel-platinum
treffers. Inderdaad indrukwekkende resultate.
EDEN
Hy was vir byna 14-jaar lid van Suid-Afrika se gewildste boyband, EDEN. Hulle was
hartebrekers wat knieë lam gemaak het net waar hul gaan. Van hul treffers soos Point Of No
Return, Knieë Lam, 54 5de Straat, Lyf Teen Lyf, Superhero, Is Jy Bang en Dirty Dancing
waarvan talle steeds partytjiegunstelinge is.
Die laaste EDEN-album – Nooit Oud Raak Nie se eerste single Dirty Dancing het orals op
trefferparades gepronk en het selfs ‘n Ghoema nominasie ontvang vir Beste Liedjie van die
Jaar. Eden is ook in dieselfde jaar vir ‘n Ghoema benoem as Groep Van Die Jaar en het ook ‘n
SAMA nominasie vir hulle album ontvang.
JAY & LIANIE MAY
Niemand sal ooit die ikoniese Toe Stop My Hart vergeet wat van Jay & Lianie May SA se
gewildste duetpaar gemaak het nie. Na die weghol sukses van hulle eerste duetalbum,
Bonnie en Clyde, het hul die opvolg, Vir Liefde in 2016 uitgereik. Die Beste van J&L is in 2018
vrygestel en die duetpaar bly ‘n gunsteling onder oud en jonk met uitverkoopte konserte reg
oor die land.
ANDER
Jay en sy gesin het ook hul hand aan ‘n realiteitsreeks gewaag, Jay & die Boys in 2017 waarin
sy vrou, Mia hom en sy 4 woelwater seuns uitgedaag het om doen-dit-self-takies in en om
die huis aan te pak. Dit was ‘n wenner en het ‘n heel ander kant van Jay as Pa en
huweliksmaat gewys.
Gebore in Sasolburg en gematrikuleer aan Hoërskool Aliwal-Noord voor JAY na skool by die
lugmag aangesluit het. Hier was hy deel van die Kannaries-sanggroep. Hy het daarna
musiekteater betree en in verskeie groot produksies sy buiging gemaak voor hy by die
sanggroep EDEN aangesluit het.
Hy is Pa van vier seuns – Aidan, Samuel, Luka en Jamie en as hy nie op die verhoog of op die
pad is nie hou hy van Pa wees. Hy is ook ‘n groot diereliefhebber en geniet ‘n aftydjie in die
bosveld of op die plaas.