Entrance: The entrance fee is JUST R5 per person!
Date: 16 December 2025
Times:
Information: Time: Between 14h00 – 16h00! ELOFF MAAK GOLWE IN DIE AFRIKAANSE MUSIEKBEDRYF Eloff is die naam op
almal se lippe. Hy is ‘n Potch-student wat blitsvinnig bekendheid verwerf het
met sy Platinum debuut-enkelsnit ‘Johnnie Blou’ en opvolg snitte
‘Geheueverlies’ en ‘Witblits’ wat sterk op pad is na Goue Status. Eloff slaag
daarin om die ontasbare gees van die Afrikaanse kultuur vas te vang en dit tot
sy suiwerste vorm te distiller. Dis minimalisties, post-Sokkie Boeremusiek. Sy
musiek, tong-in-die kies lirieke en onploffende energie word nou geniet by elke
goeie partytjie. ‘Johnnie Blou’ pronk nogsteeds op trefferparades sedert die
Platinum debuut-enkelsnit vrygestel is. Die liedjie is glad op die ore maar tog
smaak dit soos die soetse Whiskey – perfek om jou partytjie se vure aan te
steek. Na ‘Johnnie Blou’ verseker Eloff homself weer ‘n posisie op die nommer
een posisie op trefferparades met sy tweede enkelsnit ‘Geheueverlies’ wat jou
klap en knal sal plaas in die middle van die esktra-kurrikulêre kant van
studentelewe. ‘Witblits’ volg wat nou sy nuutste enkelsnit is. Dit is die
storie van ‘n windgat stadsjapie wat verbode liefde najaag teen oënskynlike
onoortreflike struikelblokke ‘Gaan jou pa my mo*r?” Uiteindelik vind hy
aanvaarding op die laaste plek wat hy gedink het om te soek– ‘n lekker
plaaspartytjie