Entrance: The entrance fee is JUST R5 per person!
Date: 21 December 2025
Times:
Information: Time: Between 14h00 – 16h00! Franja du Plessis, 'n talentvolle liedjieskrywer en aktrise,
het van jongs af haar passie vir musiek en die verhoog
gewys. Sy het aan verskeie sang- en talentkompetisies
deelgeneem sedert haar skooljare en haar talent vir
musiek het vinnig sigbaar geword toe sy die hoofrol van
Leika in haar skool se revue tydens haar matriekjaar aan
die Hoërskool Die Wilgers vertolk het.
Haar loopbaan het haar regoor die land geneem met
optredes in produksies soos "Afrikaans is Groot" en
"Gospel Skouspel" in 2013. Sy het ook 'n indrukwekkende
vertoning gelewer in die rol van Marna de Jager in die fliek
"As Jy Sing," waarvoor sy die liedjie "In Twee Geskeur"
geskryf het.
Franja se musikale talente strek ook tot die skryf van liedjies
vir ander kunstenaars, soos haar ma, die platinumster
Juanita du Plessis. Sy het verskeie treffers vir Juanita
geskryf, insluitend "Om Jou Pinkie," "Aanhou Om Aan Te Hou,"
en "Kaalvoetkinners."
Na haar studies in musiek en produksie aan die Berklee
College of Music in Kalifornië, het Franja haar debuutalbum
"My Verhaal" in 2016 vrygestel. Hierdie album was die begin
van 'n suksesvolle loopbaan in die musiekbedryf.
Franja se tweede album, "Hittegolf," wat in 2018 uitgereik is,
bevat 13 nuwe liedjies wat almal deur haar geskryf is. Met haar
eerlike benadering tot musiek en 'n sterk vertroue in haar eie kuns,
het hierdie album haar gehoor, jonk en oud, nie teleurgestel nie.
Haar nuutste album, "Los Jou Hart," wat in 2022 uitgereik is, bevat
treffers soos "Bring Dit," "Gee My 'n Boerseun," en "My Lief." Franja
het ook saam met Juanita du Plessis en Ruan Josh 'n Sing Country-
album in Desember 2021 uitgereik.
Haar nuutste enkelsnitte "Hakahana," "Deur Die Reen," "Lisensie" en
“VERE” is nou op alle stromingsdienste beskikbaar, en die musiekvideo
vir "Lisensie" is 'n moet kyk!
Franja is 'n baie musikale individu wat 'n verskeidenheid instrumente
bemeester, insluitend dromme, baskitaar, akoestiese kitaar, en
mondfluitjie. Sy is ook aktief betrokke by die vervaardiging van musiek in
die ateljee.
Sy het baie nuwe musiek op pad in 2025 en sal verder as vervaardiger in
die ateljee werk vir haar eie en ander sangers se opnames en verwerkings
aan die produksiekant.