Entrance: The entrance fee is JUST R5 per person!
Date: 23 December 2025
Times:
Information: Time: Between 14h00 – 16h00! Ivan
Roux is 'n multi-platinum sanger en liedjieskrywer wat sy
musikale reis begin het deur in klein kroeë op te tree. In 2018
het hy tweede geëindig in die eerste seisoen van die realiteitsreeks
Die Kontrak en die res is geskiedenis. Met
verloop van tyd het Ivan homself tot groot arenas, korporatiewe
funksies, en verskeie ander groot feeste opgewerk. Sy
talent het hom ook al op toere na onder meer Dubai, Egipte,
Australië, en Nieu-Seeland geneem. Sy passie vir musiek
en energieke optredes is aansteeklik en kry enige gehoor
op hul voete. Sy gemaklike persoonlikheid maak hom
iemand wat baie geliefd is in die Afrikaanse bedryf. Ivan
se belangstellings strek veel verder as musiek; hy geniet
alle sporte, buitelug aktiwiteite en enigiets wat die adrenalien
behoorlik laat pomp. Alhoewel baie mense hom net
met Afrikaanse musiek assosieer, het hy ‘n diepgewortelde
passie vir Country musiek. Sy vroeë optredes
het sy veelsydigheid geslyp, wat hom ‘n gesoute entertainer
maak wat moeiteloos tussen Oldies, Rock, Country
en Pop kan beweeg. Ivan
is ook baie gewild op TikTok waar hy sy eie weergawe van
van die grootste liedjies van oral oor doen - so gaan loer gerus.
Hy het verskeie suksesvolle enkelsnitte vrygestel, insluitend
treffers soos "Daai Ding," “Doenit Als Vir Liefde,” "Laatnag
Gedagtes," "Opsoek Na Liefde," "Lipstick," en meer. Die
enkelsnit, “Morsig” wat in 2024 vrygestel is op die hakke
van sy country album getiteld, “About Last Night” het
beindruk en sy nuwe Afrikaanse enkelsnit, “Spoeg Die
Pitte Uit” gaan beslis aanhangers aan die partytjie
kry.