Entrance: The entrance fee is JUST R5 per person!
Date: 26 April 2026
Times:
Information: Time: Between 14h00 – 16h00! Eloff is die naam op almal se lippe. Hy is ‘n Potch-student wat
blitsvinnig bekendheid verwerf het met sy Platinum debuut-enkelsnit
‘Johnnie Blou’ en opvolg snitte ‘Geheueverlies’ en ‘Witblits’ wat sterk op
pad is na Goue Status. Eloff slaag daarin om die ontasbare gees van die
Afrikaanse kultuur vas te vang en dit tot sy suiwerste vorm te distiller.
Dis minimalisties, post-Sokkie Boeremusiek. Sy musiek, tong-in-die
kies lirieke en onploffende energie word nou geniet by elke goeie
partytjie.
‘Johnnie Blou’ pronk nogsteeds op trefferparades sedert die Platinum
debuut-enkelsnit vrygestel is. Die liedjie is glad op die ore maar tog
smaak dit soos die soetse Whiskey – perfek om jou partytjie se vure
aan te steek.
Na ‘Johnnie Blou’ verseker Eloff homself weer ‘n posisie op die nommer
een posisie op trefferparades met sy tweede enkelsnit ‘Geheueverlies’
wat jou klap en knal sal plaas in die middle van die esktra-kurrikulêre
kant van studentelewe.
‘Witblits’ volg wat nou sy nuutste enkelsnit is. Dit is die storie van ‘n
windgat stadsjapie wat verbode liefde najaag teen oënskynlike
onoortreflike struikelblokke ‘Gaan jou pa my mo*r?” Uiteindelik vind hy
aanvaarding op die laaste plek wat hy gedink het om te soek– ‘n lekker
plaaspartytjie.