Entrance: The entrance fee is JUST R5 per person!
Date: 19 December 2026
Times:
Information: Time: Between 14h00 – 16h00! ELOFF MAAK GOLWE IN
DIE AFRIKAANSE MUSIEKBEDRYF Eloff is die naam
op almal se lippe. Hy is ‘n Potch-student wat blitsvinnig
bekendheid verwerf het met sy Platinum debuut-enkelsnit ‘Johnnie Blou’ en
opvolg snitte ‘Geheueverlies’ en ‘Witblits’ wat sterk op pad is na Goue
Status. Eloff slaag daarin om die ontasbare gees van die Afrikaanse kultuur
vas te vang en dit tot sy suiwerste vorm te distiller. Dis minimalisties,
post-Sokkie Boeremusiek. Sy musiek, tong-in-die- kies lirieke en
onploffende energie word nou geniet by elke goeie partytjie. ‘Johnnie Blou’
pronk nogsteeds op trefferparades sedert die Platinum debuut-enkelsnit
vrygestel is. Die liedjie is glad op die ore maar tog smaak dit soos die
soetse Whiskey – perfek om jou partytjie se vure aan te steek. Na ‘Johnnie Blou’
verseker Eloff homself weer ‘n posisie op die nommer een posisie op
trefferparades met sy tweede enkelsnit ‘Geheueverlies’ wat jou klap en
knal sal plaas in die middle van die esktra-kurrikulêre kant van
studentelewe. ‘Witblits’ volg wat
nou sy nuutste enkelsnit is. Dit is die storie van ‘n windgat stadsjapie
wat verbode liefde najaag teen oënskynlike onoortreflike
struikelblokke ‘Gaan jou pa my mo*r?” Uiteindelik vind hy aanvaarding op die
laaste plek wat hy gedink het om te soek – ‘n lekker plaaspartytjie.