< < < Back


Irene-Louise van Wyk (Birthday Bash)

Entrance:

The entrance fee is JUST R5 per person!

Date: 04 December 2021

Times:

Information:

Irene-Louise van Wyk will be performing from 14h00 until 16h00!


Irene-Louise van Wyk boor 1.2 miljoen GOUE musieknote raak! 

Of jy nou dans in die stof-plaaspad, dans in die kombuis, dans om die braaivleis-vure, dans in die gym, dans op die skoolveld of dans op die dansvloer, een ding is verseker, dans sal jy dans tot jou Tekkies Brand!

Dit is presies wat hier gebeur het met die grootste vuurwarm treffer van die jaar; Tekkies Brand van Irene-Louise van Wyk

Na slegs 3 maande vanaf sy vrystelling kan daar met trots aangekondig word dat Irene-Louise vandag beloon word met 'n goue toekenning vir 1.2 Miljoen streams op al die stroomdienste en die snit is reeds sterk op pad na platinum status elke dag.

 

A picture containing text, music

Description automatically generated


Dié treffersnit pronk ook nou al vir elf weke bo aan die Apple Music en iTunes trefferslyste.  Hierdie prestasie is verseker ‘n rekord vir 'n vroulike kunstenaar.  

Op TikTok het die snit ook groot sukses bereik met meer as 3350 dans-videos met die Tekkies Brand dans-craze, wat ook al meer as 3 Miljoen keer gekyk is. 

Om die toekenning nog meer soet te maak het die Tekkies Brand video sopas sy 1 Miljoen kykers trefslae op YouTube verbygesteek. 

Met agt en twintig vertonings wat nog wag die jaar , asook twee vuurwarm nuwe snitte op pad, word die versekering gegee dat die tekkies dié feestyd om die kuiervure en dansvloere sal aan hou brand. 

Die lekker stoute-dans  snit , "My Volgende Fout“ 'n colab saam met Jay du Plessis, sal op 5 November die lig sien, asook die dans-snit “Kuierleier“ wat al die kuierleiers sal aanvaar en op skuldig pleit word op 12 November tesame met n nuwe musiekvideo vrygestel. Beide gaan sorg vir 'n groot party enige tyd maar elke dag ….

Soos Irene-Louise van Wyk sê; 2022... Bring it on!